Amelia Wiley


About the Project:
Serenity Cottage het ontstaan toe ek en my man besluit het ons wil ’n plekkie bou waarheen paartjies kan wegbreek van hul besige leefstyl, waar hulle vir ’n naweek of ’n week lank weer hulself kan vind. Ons wou hê as hulle daar instap, moet hulle die rustigheid, vrede en kalmte van die omgewing ervaar…
Serenity Cottage het ontstaan toe ek en my man besluit het ons wil ’n plekkie bou waarheen paartjies kan wegbreek van hul besige leefstyl, waar hulle vir ’n naweek of ’n week lank weer hulself kan vind. Ons wou hê as hulle daar instap, moet hulle die rustigheid, vrede en kalmte van die omgewing ervaar (vandaar die naam Serenity), asook die skoonheid van God se hand in die natuur waarmee ons op die plaas Egmont geseën is.
Op ’n dag het my man, Cecil, gesê hy weet presies waar hy die huisie wil laat bou, en voorgestel ons bou dit uit die klippe in die rantjie om nog beter by die omgewing in te pas. Intussen het ons ook besluit dat dit eendag ons aftreehuis gaan wees, want dit is waar ons God se seën wil ervaar soos ons elke dag nog doen.
Geen planne is opgetrek nie – als is beplan uit my kop en met idees uit tydskrifte soos Tuis. Ek het sommer ’n paar prentjies vir die bouer geteken; selfs die dak is daarvolgens gebou.
Daar moes ’n hoë stoep voor en agter wees waar mens kan sit en die omgewing se rustigheid kan ervaar. Die dak moes hoog en oop wees, met wit balke. Die sit-, eetkamer en kombuis is in ’n oopplanontwerp waar selfs die kaste oop is. Die badkamervenster bied ’n uitsig op die rantjies waar daar soms ribbokke en koedoes te sien is.
Die klipmure is gebou met behulp van bekistingplate. Daar is ’n groot braaiplek op die voorstoep en ’n plonspoel wat verhit word met ’n houtvuur vir die koue maande. ’n Kaggel was ook ’n vereiste in die oopplan-sitkamer.
’n Gasgeiser is ingesit – een wat sterk genoeg is dat gaste met gemak kan stort of bad. Die kothuis word ten volle voorsien deur sonkrag en is heeltemal onafhanklik van munisipale dienste. Die ligte kom van ’n tweedehandswinkel in Hermanus.












Budget Breakdown:
Sand en klip
39000
|
Bakstene
27000
|
Sement
86000
|
Dak en balke
135000
|
Verf en teëls
20000
|
Loodgieter en rioolstelsel
24000
|
Gasgeiser
18000
|
Bad, stort, wasbakke, toilet
40000
|
Watertenk
0
|
Deure en vensters
52000
|
Elektriesiën en lugverkoeler
61000
|
Sonkragstelsel
193000
|
Kaggel, houtstofie
22000
|
717000 |
Contractors:
Gabrielle
250000
|
250000 |
Grand Total R967000 |