Anchen van Niekerk

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Anchen
Surname: van Niekerk
Location: Cape Town
Entry Date: May 31, 2021
Category: Most Beautiful
Project: Kitchen

About the Project:

In 2018 het ons ons droomhuis, of altans die droom uitleg van ‘n huis met ‘n lekker erf, gekoop. Die styl regdeur die huis was iets uit die 70’s. Binne die eerste 3 maande het ons so 70% van die renovasies gedoen, en nou in 2021 die kombuis. My kombuis is in die hoek van…

Read More

In 2018 het ons ons droomhuis, of altans die droom uitleg van ‘n huis met ‘n lekker erf, gekoop. Die styl regdeur die huis was iets uit die 70’s. Binne die eerste 3 maande het ons so 70% van die renovasies gedoen, en nou in 2021 die kombuis.
My kombuis is in die hoek van ons L-vormige huis, wat dit die bymekaarkom plek maak. Ons het geweet die kombuis gaan ‘n massiewe projek op sy eie wees, dus het ons dit nie saam met die res van die huis in 2018 gedoen nie.
Ons kombuis was donker, oudmodies, en spasie onbenut. Die belangrikste was om dit te moderniseer volgens ons styl, ‘n eiland in te bring en die opwas area meer beskut te maak. Vir meer as ‘n jaar het ons met Ouma Lien se tafeltjie in die middel van ons kombuis geleef, sodat ek die idee van my eiland kon visualiseer.
Ek wou die huidige kaste behou aangesien dit fantastiese soliede hout is. Ek het oor ‘n jaar my eie idees op papier neer gepen, en dit aangepas soos ek gedroom het oor die eindresultaat.
Twee mure is uitgebreek sodat die U-vormige kombuis na ‘n langvormige vertrek verander, die vloer moes so 2mm lig. Alles was uitgehaal. ‘n Dwars muur is gebou om die opwasarea meer beskut te maak en om plek vir vir my mikrogolf te maak sodat dit nie so in die oog is nie.
Nuwe waterpype en elektriesiteit is gelê aangesien ek nou ‘n eiland gaan hê met ‘n opwasbak en kragpunt op. Nuwe karkaste is ingesit. My huidige kas deure is wit geverf. Ek het ook die ou goue handvatsels laat Braso en hergebruik. Op die laaie het ek nuwe langwerpige handvatsels ingebring. My pragtige eiland is in ‘n donker diep groen geverf. Ek het floating shelves langs my extractor fan se boks (ook in dieselfde groen geverf) laat opsit met muurligte aan die bokant.
Ons het op Quartz tops besluit en op 2 areas van die werksareas afgewissel met Oak tops. Dieselfde oak is gebruik om ‘n wynrak langs die yskas in te bring. Dit was vir my belangrik om die hout element in te bring aangesien dit warmte in ‘n vertrek bring. My muur teëls was ook baie belangrik. Ek wou “beweging”sien teen my muur.
Goud en groen was definitief my kleur van die begin af. En ek is baie bevoorreg dat my man so maklik ingestem het op ‘n goue kraan op my eiland. Hy het selfs die ekstra myl gegaan om ‘n wit wasbak te kry vir my eiland sodat my goue kraan daarby pas, ipv die silver wasbak. Bo die eiland het ons 3 swart pendants gehang. Die vloer is met ‘n bruinerige Vinyl afgerond.
In die scullery is ook nuwe waterpye ingesit, ek het ‘n uittrek besemkas ingebring en my dishwasher en wasmasjien is geherposisioneer sodat opruiming beter kan geskied.
In totaal was dit net oor die 6 weke se projek. Shane van VI Renovations het die hele projek hanteer. Dit was die grootste plesier om met iemand so koel en kalm te werk, wie se wonderlike span ons ook elke dag in ons huis kon toevertrou, en dat daar geen hidernis te groot was nie. For Shane, there was no stress.
Volgende op die lys is mooi stoele rondom die eiland, die regte décor vir my floating shelves, ‘n nuwe ketel en toaster.
My nuwe kombuis is beslis ‘n droom wat waar geword het. Die hier waar ons bymekaar kan wees as familie wanneer daar kos gemaak word.

Budget Breakdown:

Materials:
Stripping, Building Reworks, Tiling, Electrical & Gas, Plumbing, Painting
98116
vinyl floor
8400
Pro Quartz counter tops
23893
Oak Tops
9793
Vinyl Flooring Glue Down
8400
Wall Tiles
2800
White Basin
2400
Gold Tap
1800
Double Basin
1400
Didi Tap
800
Traps, Angle Valves
600
Round knobs
0
Verticle Knobs
700
Lights
800
Extractor Fan
700
AEG Oven
14000
3 Pendants
2100
176702

Contractors:

VI Renovations
144000
144000
Grand Total
R320702