Andries Klopper

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Andries
Surname: Klopper
Location: Plettenbergbaai / Westelike Provinsie
Entry Date: May 17, 2021
Category: Innovation
Project: Outdoor Areas

About the Project:

Ons buitestort by die voordeur. Ons het 9 jaar gelede die huis gekoop van die ontwikkelaar in ‘n meenthuiskompleks. Die huis was nie heeltemal voltooi nie. Daar was ook ‘n stort by die voordeur. Vir ons as Vrystaters was ‘n stort by die voordeur ‘n vreemde konsep, al was dit ook ‘n buitestort. Die ontwikkelaar…

Read More

Ons buitestort by die voordeur.

Ons het 9 jaar gelede die huis gekoop van die ontwikkelaar in ‘n meenthuiskompleks. Die huis was nie heeltemal voltooi nie. Daar was ook ‘n stort by die voordeur. Vir ons as Vrystaters was ‘n stort by die voordeur ‘n vreemde konsep, al was dit ook ‘n buitestort. Die ontwikkelaar het verseg om die stort te verwyder, aangesien dit te laat was, ….en ‘n klomp ander stories oor die kostes. Vir ons was dit deur die jare ‘n seeroog en tydens die grendeltyd het ons besluit, buig of bars, ons takel nou hierdie stort.. Ons eintlike beweegrede was om om die weggesteekte stort …met plante toegeplant…. meer te benut, en ons intrede by die voordeur vriendeliker te maak. Gelukkig het ons in Tuis vindingryke idees gevind wat ons taak baie vergemaklik het. Die plant is uitgeplant, die plaveisel opgekap, ‘n betonvloer is gegooi en teelwerk is gedoen en siedaar! Ons lelike eendjie het in ‘n swaan verander. En hoe heerlik is dit nou om ons voete te was as ons van die see af kom na ‘n wandeling en nie meer nodig het om in die bad ons voete af te spoel nie. Vir ‘n oumens vir wie buk ‘n probleem word, is dit nou genade van bo en BO. En dan klink ons dikwels ons glasie wyn sommer daar ……by die voordeur.

Budget Breakdown:

Materials:
Beton
4500.00
Teels
4100.00
Stort-uitlaat
1500.00
Verf
450.00
10550

Contractors:

Basil Cloete
4500.00
Moses (Teellaer)
1500.00
6000
Grand Total
R16550