Andriëtte Combrinck


About the Project:
Ons het onlangs ’n huis in die Sunridge-woongebied in Port Elizabeth gekoop. Die huise in hierdie omgewing dateer uit die 1970’s, maar het groot erwe en baie speelplek vir die kinders – presies waarna ons op soek was! Daar was so baie dinge wat ons wou opfris, maar ongelukkig het die koop ons met ’n…
Ons het onlangs ’n huis in die Sunridge-woongebied in Port Elizabeth gekoop. Die huise in hierdie omgewing dateer uit die 1970’s, maar het groot erwe en baie speelplek vir die kinders – presies waarna ons op soek was! Daar was so baie dinge wat ons wou opfris, maar ongelukkig het die koop ons met ’n skamele begroting gelaat. Die spierwit badkamer (wat my aan die slagkamer op my oupa se plaas laat dink het) was eerste aan die beurt. Ek en my dogtertjie het sommer die verfwerk self gedoen en ons het pragtige vloerplakkers laat pasmaak by Fantastick, wat ek toe self gelê het. Die meeste toebehore (soos die spieël, handdoekreling, badkamermatjies, ens.) het ons reeds gehad en ek moes net ’n paar ekstras soos die snoesige handdoeke bykoop. Die badkamer is ingewy met ’n vredeslelie van ’n goeie vriendin. Vir om en by R5 000 voel die kinders nou sommer geliefd in hulle nuwe, knus badkamer!











Budget Breakdown:
Pasgemaakte selfklewende vinielplakkers
2600
|
Onderlaag en verf
560
|
Handdoeke (4)
1500
|
Ekstra toebehore
1000
|
5660 |
Contractors:
None
0
|
0 |
Grand Total R5660 |