Annelize Rademeyer
About the Project:
Ons het ’n redelik ou eenmanwoonstel in Queenswood, Pretoria gekoop. Alhoewel ons die hele woonstel binne opgeknap het, is die meeste werk in die kombuis gedoen. Omdat die woonstel lanklaas geverf was, was dit baie donker, met mure wat wissel van room tot groen en oranje. Die kombuis was donker met ’n groenerige plafon; daar…
Ons het ’n redelik ou eenmanwoonstel in Queenswood, Pretoria gekoop. Alhoewel ons die hele woonstel binne opgeknap het, is die meeste werk in die kombuis gedoen. Omdat die woonstel lanklaas geverf was, was dit baie donker, met mure wat wissel van room tot groen en oranje. Die kombuis was donker met ’n groenerige plafon; daar was ou staalkaste, die stoof was geroes, die wasbak op die verkeerde plek en die geiser het gelek. Ek wou dit modern en lig hê. Ons het alles in die kombuis uitgehaal en vervang; die wasbak is voor die venster geplaas en die ondertoonbankoond by die deuropening (die kombuis is taamlik klein). Die geiser is vervang en agter ’n kas weggesteek. Die kaste in die slaapgedeelte is ook uitgehaal en vervang met nuwes. Nuwe ligte, ligskakelaars en kragproppe is oral ingesit. Die hele plek is geverf en blindings is ingesit. Die badkamer se teëls is vir eers behou, maar ’n nuwe stortdeur en badkamerkassie is ingesit. Die toilet is deur die regspersoon se versekering vervang a.g.v. werk wat hulle gedoen het.
Budget Breakdown:
Defy-stoof
4999
|
Opwasbak
800
|
Nuwe kraan
1500
|
Pleister vir kombuis
800
|
Teëls en voegbry
2500
|
Verf
3000
|
Ligte
4500
|
Geiser
4700
|
Stortdeur
1999
|
Badkamerkassie
2500
|
Toilet
0
|
27298 |
Contractors:
Ernst le Roux Kombuiskaste (Erlou Kombuiskaste)
40000
|
Jim Bouer
2000
|
Rowe Plumbers
10000
|
HCB Elektries
5700
|
JOBP (teëlaar)
0
|
Signature Matla Handyman
2000
|
Abel Lebelo Verf
2500
|
62200 |
Grand Total R89498 |