Anri Rothman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Anri
Surname: Rothman
Location: Prieska, Noord-Kaap
Entry Date: Jul 19, 2023
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Ek en my man en dogtertjie het besluit om die gejaagde stadslewe te verruil vir ’n rustiger bestaan op die platteland. Ons het in Desember 2021 Karoo toe getrek en ’n huis gekoop wat vir maande leeg gestaan het nadat dit ’n lang ruk uitgehuur is; alles het redelik agteruitgegaan. Toe ons die eerste keer…

Read More

Ek en my man en dogtertjie het besluit om die gejaagde stadslewe te verruil vir ’n rustiger bestaan op die platteland. Ons het in Desember 2021 Karoo toe getrek en ’n huis gekoop wat vir maande leeg gestaan het nadat dit ’n lang ruk uitgehuur is; alles het redelik agteruitgegaan. Toe ons die eerste keer na die huis gaan kyk, het die onkruid kniehoogte gestaan. Alles was verwaarloos en vuil, maar daar was soveel potensiaal. Terwyl ons gewag het dat die koop deurgaan, het ons solank in die tuin begin werk en bome geplant.

Ons het in April 2022 ingetrek en met ’n klein begroting self begin mure en meubels verf. My inspirasie het gekom van iets wat ek eendag gelees het: “Ek gaan alles om my mooi maak, en dit my lewe noem.” Ek kan net nie genoeg kry van nuwe lewe gee aan iets wat ander sou weggooi nie.

My droom was nog altyd om iets kreatiefs te doen en ek het besluit om die motorhuis te omskep in ’n kunsklas om die dorpskinders se kreatiwiteit te help aanwakker. Ons het die motorhuisdeur vervang met ’n skuifdeur en deurgebreek na die buitestoorkamer-en-toilet. Om te bespaar het ons die meeste van die werk (met baie hulp van my dierbare pa) self gedoen. Nou is dit ’n kuns-en-musieksentrum wat die mooiste skeppings en klanke voortbring.

Budget Breakdown:

Materials:
Skuurdeur
900
Deur
300
Kosyn
400
Teëls en voegbry
500
Toilet, wasbak en trog
4600
Gras
0
Bome
800
PVC-vloerteëls
1600
Kombuismuurdekor
120
Kombuiskas-handvatsels
150
Skuifdeur
2900
Verf, rollers, maskeerband., ens.
16000
28270

Contractors:

John
8800
Rudy
6000
Uitgrawing
800
15600
Grand Total
R43870