Ansie Wepener

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Ansie
Surname: Wepener
Location: Gauteng
Entry Date: July 15, 2024
Category: DIY
Project: Living Areas

About the Project:

Boweptas. Hier is waar ek (Ansie), my man (Jan), ons dogter (Yolandi) en haar man (Johan) ’n wegbreekplekkie gemaak het, weg van die stadsgeraas. Ons het die eiendom net buite Oranjeville op die oewer van die Vaaldam in 2005 gekoop. Destyds was daar net ’n 4 x 5 m-sinkskuur met ’n bad in. Ons het…

Read More

Boweptas. Hier is waar ek (Ansie), my man (Jan), ons dogter (Yolandi) en haar man (Johan) ’n wegbreekplekkie gemaak het, weg van die stadsgeraas.

Ons het die eiendom net buite Oranjeville op die oewer van die Vaaldam in 2005 gekoop. Destyds was daar net ’n 4 x 5 m-sinkskuur met ’n bad in. Ons het gou die bad met ’n stort vervang en ’n watertenk opgesit, maar daar was nog nie water nie – dit het ons met emmers aangedra. Ons het ’n klein kombuis met ’n 2-plaat-gasstoof ingerig. En daar het ons elke tweede naweek gaan visvang.

Kersfees 2015 was vreeslik koud, nat en winderig. Ons het besef ons kort ’n kuiervertrek en ’n stoep, en ons bou dit ook met sinkplate sodat dit by die oorspronklike skuur kan pas. In 2016 maak Jan vir ons ’n “donkie” vir warm water sodat ons warm kan stort en skottelgoed was.

Die volgende winter is ons vir ’n langnaweek by Boweptas. Yolandi staan die oggend baie kwaai op: Sy het nat geword weens kondensasie! Só het ons plafonne gekry. Jan en Johan het hard gewerk terwyl ek en Yolandi help vasdruk en aangee.

Toe Jan in Desember 2023 aftree en meer gereeld Boweptas toe begin gaan, vra hy of ek permanent daar sal bly. En dis toe dat die Groot Verandering in Januarie 2024 begin het!

Die kuierplek skuif na die stoep en die klein kombuis skuif na die kuierplek. In die kombuis se plek kom ’n gastekamer, en die klein slaapkamer word ’n spens.

Jan maak kaste en Johan help met die sinkplate – want ja, dit moet steeds sink wees! Jan maak liggies van staalemmertjies en sit sonkragliggies in; hy bou ook ’n bed vir die gastekamer.

Die staal wat ons gebruik het, is geskenk deur Marnus, ’n oudleerling van my skool. Die sinkplate is geskenk deur Izelle, ’n onderwyser by die skool. Dit het baie gehelp om ons kostes laag te hou. Alles is geverf en behandel.

Boweptas het nou meer slaapplek en ons kuierplek is ruim en gerieflik.

Die volgende projek is die tuin – dit gaan die Groot Uitdaging wees!

Budget Breakdown:

Materials:
Glas
4490
Vensters
4400
Hout
1600
Verf
1600
Klip en sand
700
Sement
250
Skroewe, dakseëlaar, sweisstawe
800
Sonkragligte
374
Oksied
140
Slotte
440
Staal
450
Allerlei
3200
18444

Contractors:

Plaaslike mense
5000
5000
Grand Total
R23444