Ben & Marié Van Niekerk

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Ben & Marié
Surname: Van Niekerk
Location: Bela Bela, Limpopo
Entry Date: Jun 30, 2020
Category: Innovation
Project: Outdoor Areas

About the Project:

Ons woon en werk in Pretoria. Ons het twee jaar gelede ’n stukkie bosveldgrond van ongeveer 7ha in die Waterberge tussen Bela-Bela en Modimolle gekoop. Die eiendom het geen elektrisiteit of dienste nie, behalwe ’n boorgat en watertenk. Al is dit heerlik om met ’n bosstort onder die sterre te kamp, het die gebruik van…

Read More

Ons woon en werk in Pretoria. Ons het twee jaar gelede ’n stukkie bosveldgrond van ongeveer 7ha in die Waterberge tussen Bela-Bela en Modimolle gekoop.

Die eiendom het geen elektrisiteit of dienste nie, behalwe ’n boorgat en watertenk.

Al is dit heerlik om met ’n bosstort onder die sterre te kamp, het die gebruik van die “porta loo” ons (en ons twee tienderdogters) begin onderkry. Die idee van ’n volwaardige badkamer het al hoe aanlokliker begin lyk.

Ná ’n lang beplanning het die projek op 31 Augustus 2019 begin. Ons werk albei voltyds, en kon dus slegs oor langnaweke aan die projek werk. Boumateriaal, hout, pale, sinkplate – self die septiese tenk – is stuk-stuk met ’n sleepwaentjie aangery.

Ons twee het alles self gedoen, behalwe die grawe en installering van die septiese tenk. Ons het daarvoor die hulp van ’n puik plaaslike loodgieter ingeroep, wie se kwotasie arbeid en loodgietersmateriaal ingesluit het, asook die teël van die badkamervloer.

Marié se oupa het die die badkamerkassie meer as 70 jaar gelede gemaak; dit het net ’n bietjie restourasiewerk nodig gehad. Die growwe klippies en leiklipteëls, asook die spieël, het ons reeds gehad. Die seepbakkie in die stort het Ben van stukkies afvalplank gemaak.

Ná 29 dae se harde werk, oor ’n periode van bykans ’n jaar, is ons baie trots op wat ons reggekry het.

Budget Breakdown:

Materials:
Ready Mix beton (20 sakke)
1000.00
Riviersand (aflewering ingesluit)
1270.00
Dakplate & Geut
1232.00
Sinkplate vir raamwerk
1800.00
Houtpale
1154.00
Dakbalke
463.00
Herwinde Palletplanke vir raamwerk
300.00
Toilet, toiletrolhouer, sink wasbak
1124.00
Pype, Koppelings & Krane
1100.00
Duckboard vir die stort
1330.00
Plaveiselblokke
2280.00
Septiese Tenk
2864.00
Diverse boubenodighede (skroewe, klinknaels, houtbehandeling, gereedskap & toerusting)
8807.00
Huur van sleepwa & gereedskap
910.00
Klippies, Leiklipteëls, spieël & wasbakkas
0
25634

Contractors:

TLB Huur (grawe van septiese tenk gat)
1800.00
Loodgieter (Harry van Rooyen)
8090.00
9890
Grand Total
R35524