Bia Haasbroek
About the Project:
Ons het 5 jaar gelede hierdie gesinshuis gekoop met die droom om dit te omskep in ons ewige vakansiewoning. Dit het baie motivering gekos om my aan die idee te laat byt, maar ek is my man ewig dankbaar dat hy my oortuig het so ’n moeilike paadjie sal tog moontlik wees indien ons vasbyt….
Ons het 5 jaar gelede hierdie gesinshuis gekoop met die droom om dit te omskep in ons ewige vakansiewoning. Dit het baie motivering gekos om my aan die idee te laat byt, maar ek is my man ewig dankbaar dat hy my oortuig het so ’n moeilike paadjie sal tog moontlik wees indien ons vasbyt. Ons uithouvermoë en geduld is beslis op die proef gestel, maar geen droom word ooit bewaarheid deur dinge wat uiters glad en korrek verloop nie – inteendeel, wanneer ’n mens aan iemand anders se tyd en vaardighede en vernuf oorgelaat is, moet jy maar oë toeknyp en stadig asemhaal …
Ek en my man, Neels, het die huisplanne gaan trek, self geteken en ontwerp wat nuut aangebou en verander moes word, en dit só einde 2022 aan ’n kontrakteur oorhandig. Vroeg in Januarie 2023 het hy en sy span aan die werk gespring.
Die eerste helfte van die projek het alles volgens plan en skedule verloop, maar daarna het die klein jakkalsies begin insluip. Ons hele huis was opgepak en ons het tydelik by ons ouers gaan bly, hoogswanger en opgewonde om voor ons dogtertjie se koms in ons nuwe huis te wees.
Dit het egter eers drie maande ná haar geboorte gebeur. Die huis was leefbaar binne, maar onklaar. Ons hele tuin en grasperk is verwoes, die eens helderblou swembad was ’n puinhoop van bourommel, modder en wie weet wat nog. Die aangeboude vertrek se dak het gelek, die hele projek het ’n bolaag verf gekort, die nuutgeboude braaikaggel se rook trek nie by die skoorsteen uit nie, die kombuiswasbak se drein is verstop … En die kontrakteur was skielik nie eers meer telefonies beskikbaar nie. Enige normale mens sou wou weghardloop, maar ons was vasberade om hierdie droomhuis-idee te laat werk, kom wat wil.
Dat ons terug was in ons huis, was op sigself reeds ’n groot bederf. Ons het verkies om eerder daarop te konsentreer as oor die halwe werk of die feit dat die kontrakteur meer as ons begroting aanhou vra het en met de laaste sent weg is!
Stukkie vir stukkie, dag na dag “leef” ons die huis reg soos ons dit wil hê. Dit het ons noodgedwonge ekstra geld gekos om die brouwerk reg te maak, maar ons sien dit maar as ’n belegging in die toekoms. Jou huis is immers jou hawe.
Ek en Neels het heerlik gespeel aan die beplanning en uitlê van die interieur; my lekkerste stokperdjie is om rond te skuif tot die prentjie vir my reg lyk. Ek dink beslis die feit dat ons vier jaar lank in die huis gewoon en geleef het voor ons aangebou en verander het, het ’n groot rol gespeel in die sukses van die resultaat. Als werk net perfek reg, soos dit by ons leefstyl en behoeftes pas. Met ons besige lewens en werkslading het ons nie die luuksheid om gereeld vakansie te gaan hou nie, daarom bied hierdie huis ons die beste vakansie van ons lewe!
Hoewel ons huis nou beslis ons eie klein oase is, is daar nog etlike projekkies wat mettertyd voltooi moet word. Ná ’n jaar se wag het ons ’n nuwe kontrakteur geraadpleeg en begin spoedig om die oorspronklike idees en planne te voltooi. Met ons droom sowat 85% bewaarheid, bly ons reeds soos konings hier. Rome is nie in ’n dag voltooi nie en niks wat die moeite werd is, kom “verniet” nie – dít weet ons nou alte goed!
Budget Breakdown:
Boumateriaal en dakkappe vir 4 nuwe vertrekke en 4 nuwe badkamers; binnebraaikaggel; aluminiumskuifdeure vir 4 vertrekke; afgevlakte epoksivloere reg deur die huis; plaveisel, en nuwe stoepteëls - alles verkry van plaaslike CTM. Skuurdeure, nuwe kombuiskaste en braaivertrek se kaste deur subkontrakteur verkry.
|
0 |
Contractors:
Reuben Dickason: Kombuiskaste, kaste reg deur die huis, skuurdeure. Die BOUKONTRAKTEUR EN SY SUB-KONTRAKTEURS SE NAME WIL ONS LIEFS NIE NOEM NIE
0
|
0 |
Grand Total R0 |