Carina van Vuuren


About the Project:
Ons bouprojekstorie het by die dak begin, maar met ’n handige man, potloodsketse en ’n maatband het dit tot iets moois gelei. Die huis se dak was gedaan en daar moes dringend iets gedoen word. Terselfdertyd wou ons graag ons buitebraai-tuin-en-garage-area opknap… En so word twee projekte toe een massiewe projek. Die buitebraai en garage…
Ons bouprojekstorie het by die dak begin, maar met ’n handige man, potloodsketse en ’n maatband het dit tot iets moois gelei.
Die huis se dak was gedaan en daar moes dringend iets gedoen word. Terselfdertyd wou ons graag ons buitebraai-tuin-en-garage-area opknap… En so word twee projekte toe een massiewe projek. Die buitebraai en garage moes afgebreek word om plek te maak vir ’n nuwe leefarea wat dan deel van die huis kon wees met ’n nuwe dak oor alles.
’n Bouer was verantwoordelik vir die bou en pleister van die buitemure, terwyl ’n kontrakteur die dak kom opgerig het; daar was ook twee verwers. Verder het my man en vier arbeiders al die ander werk self behartig. Danksy sy ondervinding van konstruksiewerk kon hulle die sementvloere en trappe self bou. Daar is afgebreek en weggery. Die ou dak en plafon is verwyder, waarna onder meer ’n binnemuur gebou, houtbalke en ’n nuwe plafon opgesit is. Ek’t persoonlik die blokkiesvloer herlê, die kussingoortreksel vir die bank gemaak en hand bygesit met die verfwerk.
Lang storie kort – ons stappe was:
* Ou braai-tuin-en-garage-area is afgebreek (van die materiaal is herwin deur die tuinhuisie agter in die tuin op te knap)
* Fondasie vir die nuwe vertrek is gebou en toe opgevul met ± 1 m bourommel
* Nuwe sementvloer is gelê vir die nuwe vertrek; ook vir die trappe en voor- en agterstoepe
* Drie van die huis se mure is deurgebreek om deel te vorm van die nuwe vertrek
* Binnemuur gebou en gepleister in die huis
* Ou dak en plafon is afgehaal en nuwe dak opgesit
* Nuwe plafon reg deur die huis is ingesit en geverf
* Al die mure binne en buite is oorgeverf
* Kaggel geïnstalleer
Dit was vir ons baie belangrik om waar moontlik te hergebruik wat ons het – wat vir seker ’n verskil gemaak het aan ons begroting. Wat ons nie gebruik het nie, is verkoop, en so het ons ’n welkome bedraggie kontant ingesamel.
Die werk het op 17 April begin en die laaste verfwerk was 23 Junie klaar. Dit was ’n lang proses wat natuurlik als en almal getoets het, maar wat beslis die moeite werd was. Ons is so bly ons het vasgebyt en deurgedruk – want nóú gaan ons braai!












Budget Breakdown:
Sand en stene
26150
|
Lateie
1800
|
Klip en sement
24200
|
Dak en plafon
151798
|
Verf
6200
|
Vensters
0
|
2 staaldeure
0
|
Glas vir staaldeure
1700
|
Houtbalke
0
|
Houtraam vir braai
0
|
Ligte
3000
|
Houtbankie op stoep
0
|
Bougereedskap en -toerusting
5800
|
Skroewe, spykers en allerlei
4300
|
10-sitplektafel van Rhodesiese kiaat
16000
|
Matte
6400
|
Dekor
4300
|
251648 |
Contractors:
Truss Mecca
32500
|
Bouer
42650
|
Elektrisiën
10000
|
Arbeiders
38600
|
Coastal Hire
470
|
124220 |
Grand Total R375868 |