Chriselda Klopper

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Chriselda
Surname: Klopper
Location: Kaapsche Hoop, Mpumalanga
Entry Date: June 28, 2024
Category: Innovation
Project: Entire House

About the Project:

Kaapsche Hoop is ’n geskiedkundige gouddorpie naby Nelspruit. Ons het ons eerste erf 30 jaar gelede gekoop, en aangesien die erwe net 250 vierkante meter groot is, het ons 12 jaar gelede ook die erwe agter ons aangekoop. Vroeg 2020 het ons hier kom aftree en ontdek dat die bouval op die een erf reeds…

Read More

Kaapsche Hoop is ’n geskiedkundige gouddorpie naby Nelspruit. Ons het ons eerste erf 30 jaar gelede gekoop, en aangesien die erwe net 250 vierkante meter groot is, het ons 12 jaar gelede ook die erwe agter ons aangekoop.

Vroeg 2020 het ons hier kom aftree en ontdek dat die bouval op die een erf reeds in 1883 gebou is – dis die oudste huis in die dorp! Sloping was nie ’n opsie en omdat ek en my man ’n passie vir bewaring het, het ons besluit om die huisie te op te knap as ’n museum.

’n Proses wat ons gedink het ’n paar maande sou duur, het 3 jaar geword. Ons het verskeie huismuseums besoek en Kaapsche Hoop se geskiedenis nagevors, wat nou hier weerspieël word deur foto’s en artikels. Navorsing het laat blyk dat daar ’n waenhuis en kleinhuisie was, wat ons in dieselfde ou styl herbou het.

Geen kontrakteurs is gebruik nie. Die meubels en artikels het ons oor ’n leeftyd versamel en hier en daar op veilings gekoop.

Met dankbare harte kon ons die Uitspan Museum op 22 Junie 2024 open, waar ons ook koffie en pannekoek verkoop.

Budget Breakdown:

Materials:
Sand, klip en sement
7000
Toebehore
2000
Plafonne
18000
Dek
2000
Vensters
800
Deure
2000
Dakbalke
7000
Vloere
15000
Handrelings
2000
Loodgieterswerk
150000
Elektriese werk
23000
Tweedehandse sinkplate
8000
236800

Contractors:

Persoonlike helper oor 3 jaar
90000
90000
Grand Total
R326800