Cobus & Dauline Diepraam

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Cobus & Dauline
Surname: Diepraam
Location: Oudtshoorn, Wes Kaap
Entry Date: Jun 30, 2020
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

In Januarie 2020 koop ons ons eerste huis, een met baie potensiaal. Jare en jare se huurders en vorige eienaars oorsee het die plek redelik verwaarloos. Die badkamer was so gehawend dat ons sommer daar begin het en alles uitgebreek het. Ons het by ons antiekwinkel ’n  baie mooi kassie gekry waarop die wasbak kom….

Read More

In Januarie 2020 koop ons ons eerste huis, een met baie potensiaal. Jare en jare se huurders en vorige eienaars oorsee het die plek redelik verwaarloos.

Die badkamer was so gehawend dat ons sommer daar begin het en alles uitgebreek het. Ons het by ons antiekwinkel ’n  baie mooi kassie gekry waarop die wasbak kom. Met ’n nuwe bad, ekstra toilet, oop stort, nuwe Coprox-mure en verf is die badkamer nou splinternuut.

Ons hou van ’n oopplanhuis, so die bestaande ou kombuis moes oop- en nuutgemaak word. Dit was baie bou en breek; ons het nuwe sementblaaie gegooi en self kasdeure gemaak, en nou het ons die kombuis waarvan ons gedroom het.

Ons gebruik graag tweedehandse artikels om iets nuuts te maak, ons ou selfgemaakte eetkamertafel het ons nuwe boekrak geword, en my ma se ou naaldwerktafel is nou ons eetkamertafel, alles met ’n bietjie verf en verbeelding!

Alles groot geloofspronge, en vandag het ons ’n nuwe “ou” waar ons ons stempel afgedruk het!

Budget Breakdown:

Materials:
Badkamerkassie
900
Bad, toilet & wasbak
2290
Badkamer Krane
1840
Coprox
1150
Stortpaneel
300
Badkamer Spieel
750
Badkamer Verf
400
Badkamer Stene
180
Kombuis stene
1200
Kombuis verf
530
Sement en sand vir bladdens
360
Wasbak
870
Kombuis krane
500
Hout vir kombuiskas deure
890
Skarniere en handvatsels
360
Mosaiek teels
560
Mosaiek fix en grout
80
Kombuis ligte
280
Spykers, skroewe en gom
250
Staal pilaar
380
14070

Contractors:

Elektrisien
550
Lone vir arbeiders
2000
2550
Grand Total
R16620