Danie en Zelda Els

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Danie en Zelda
Surname: Els
Location: Oudtshoorn-distrik, Wes-Kaap
Entry Date: June 26, 2024
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

’n Mens koop ’n plaas en nie ’n huis nie… Die plaas was vir ons ’n groot aantrekkingskrag. En aangesien ons al verskeie huise opgeknap het, het ons glad nie opgesien teen al die werk wat nodig was om hierdie huis vir ons behoeftes aan te pas nie. Die vorige eienaar het die huis in…

Read More

’n Mens koop ’n plaas en nie ’n huis nie…

Die plaas was vir ons ’n groot aantrekkingskrag. En aangesien ons al verskeie huise opgeknap het, het ons glad nie opgesien teen al die werk wat nodig was om hierdie huis vir ons behoeftes aan te pas nie. Die vorige eienaar het die huis in 2012 laat bou, maar dit is nooit voltooi nie.

BINNE

Daar was geen plafonne in die huis nie. Binnemure was net plafonhoogte gebou en aangesien ons van die ruim en hoë gevoel in die sitkamergedeelte gehou het, moes van die binnemure tot dakhoogte verhoog word. Pleks van gewone plafonne in die sitkamere het ons isolasie ingesit en sinkplate vir die plafon gebruik.

Dit was oorspronklik ’n ruim 2-slaapkamerhuis met 2 badkamers. Ons het dit omskep in ’n 3-slaapkamerhuis met 2 badkamers, sonder om enigsins aan te bou – ons het letterlik ’n muur uitgeslaan, ’n deur ingebreek en 3 mure bygebou vir die verandering:

  • Die oorspronklike hoofslaapkamer het verander in ’n tweede slaapkamer en deurloop-studeerkamer.
  • Die oorspronklike studeerkamer en instapkas is nou ’n derde slaapkamer.
  • Die oorspronklike tweede slaapkamer het die hoofslaapkamer geword en ons het ’n gedeelte van die sitkamer vir die instapkas gebruik.

Die hoofslaapkamer se badkamer het die tweede badkamer geword. Die wit mosaïekteëls was skeef en slordig, en die bad se krane was half in die muur ingekap omdat die bad agterna ingesit was. Ons het besluit om sinkplaat oor die mosaïekteëls te sit omdat dit bydra tot die plaasgevoel. Albei badkamers se toilette was op voetstukke om dit hoër te maak, en moes vervang word.

Ons het al die melamienkaste in die groot spens verwyder en rakke ingesit soos in ’n outydse plaashuis. Ek gebruik ’n gasplaat in die huis, maar het ’n koolstoof op die stoep vir bak en soms ook vir kook (ons was nie lus vir roet in die huis nie). Die kombuis met sy plaasgevoel is die hart van ons huis.

BUITE

Daar was geen tuin nie, net ’n skuinste met veldgras en ’n paar roosbome wat gesukkel het om te oorleef. Ons het die skuinste weggewerk deur verskillende vlakke te maak. Die roosbome is geskuif en almal het dit oorleef; hulle blom te pragtig in die somer. Die meeste van die tuinornamente en potte kom al jare saam met ons. Die houthut was elders op die plaas en half uitmekaar. Ons het paneel vir paneel huis toe gebring en op ’n ordentlike fondasie aanmekaargesit vir tuingereedskap. Die nuwe werkswinkel was ’n ou werkershuis wat halfpad afgebreek was.

Alle waterpype, kragdrade, ligskakelaars, muurproppe, ensovoorts, is vervang. Gelukkig is Danie ’n gekwalifiseerde elektrisiën en baie handig. Buiten die houtvensters wat met aluminiumraamvensters vervang is en die breek- en bouwerk van enkele mure, het ons alles self gedoen.

Aangesien die plaas ook aandag vereis het, het dit ons 9 maande (van 1 Maart 2022 tot 20 Desember 2022) geneem om die huis te restoureer. Op 15 Maart 2022, nadat die aanvanklike breek- en bouwerk klaar was, het ons ingetrek en gedurende die res van die projek in die huis gebly. In Desember 2022 het ons die tuin aangepak, en teen Kersfees was die projek voltooi!

En o ja, ons is heeltemal “off the grid”!

Budget Breakdown:

Materials:
Bakstene
0
Sement, sand en klippies
10000
Plaveiselblokke
0
Plafonne (sluit in die hout, kroonlyste, sinkplaat vir sitkamerdeel, ens.)
24350
Verf en seël van vloere
20300
Loodgietersmateriaal (nuwe toilette, wasbakke, krane, teëls, ens.)
15750
Elektriese materiaal
6400
Materiaal vir ingeboude kaste, spens en instapkas se rakke
27200
Voorstoepdak - staal en hout vir relings op stoepe en by trappe
15000
119000

Contractors:

Lukele Construction
12000
Mr Aluminium Man
25250
37250
Grand Total
R156250