Dehlia & Jasper Esterhuizen

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Dehlia & Jasper
Surname: Esterhuizen
Location: Malmesbury, Western Cape
Entry Date: Jun 30, 2020
Category: Innovation
Project: Entire House

About the Project:

Ons koop ’n stukkie lowerryke grond met ’n boorgat en twee vraghouers vir stoorruimte langs die Dieprivier net buite Malmesbury. Hier wil ons ’n bestaansboerdery, met organiese groente en vleisbeeste, vir ons aftrede vestig. Die uitdagings was brakwater, en geen krag of woonhuis. Watersuiwering via tru-osmose en kragvoorsiening vir ’n huis het sonpanele genoodsaak. Die…

Read More

Ons koop ’n stukkie lowerryke grond met ’n boorgat en twee vraghouers vir stoorruimte langs die Dieprivier net buite Malmesbury. Hier wil ons ’n bestaansboerdery, met organiese groente en vleisbeeste, vir ons aftrede vestig.

Die uitdagings was brakwater, en geen krag of woonhuis. Watersuiwering via tru-osmose en kragvoorsiening vir ’n huis het sonpanele genoodsaak. Die ligging, helling en aantal sonpanele maak die dak van ’n huis die voor die hand liggende keuse en bepaal daarmee saam die ontwerp van die huis. Met 2 vraghouers reeds op die grond kom die idee van ’n vraghouerhuis.

Ons doel was om kostes so laag moontlik te hou en waar moontlik herwinde boumateriaal en plaaslike vakmanskap te gebruik. Met ’n man en broer wat opgaarders van formaat is, is onder meer ou glaspanele van die Kallie Human-sentrum en Standard Bank in Bloemfontein gebruik. Militêre voertuie se vensters is ook vir die glaswerke ingespan. Paletplanke is vir die houtwerk van kaste en die loopplank gebruik. Vraghouerhandvatsels het traprelings geword en kaasbakke en teaterligte word beligting. ’n Treinwasbak en ou hospitaalkrane is in die kombuis en badkamers gebruik met pasgemaakte krane van koperpyp. Vensterrame kom van ’n skrootwerf. Goeie gebruikte panele van ’n afgebreekte koelkamer word vir isolasie gebruik. Die koolstoof en leefvertrek se verwarmer-stofie was ook ’n skrootwerf-vonds.

Ons moes ook baie slim dink oor die ontwerp van die gaas voor die vensters en deure. Sekuriteitsroldeure het ’n groot hap uit ons begroting geneem, maar was noodsaaklik. Ons sien uit daarna om hierdie projek te geniet!

Budget Breakdown:

Materials:
Vraghouers
51700
Loodgieter
40200
Elektries
140000
Isolasie
16000
Roldeure & Blindings
156600
Vloere & Verf
10500
Konstruksie / Hardeware
200000
615000

Contractors:

Tobie Turck Loodgieter
10000
Christopher Elekrisien
15500
Naicker Isolasie
2800
Derick Smit Roldeure & Blindings
17400
Koos Truter Verf & Vloere
8000
Etienne Adams Konstruksie
136000
189700
Grand Total
R804700