Derick en Renette Opperman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Derick en Renette
Surname: Opperman
Location: Napier
Entry Date: Jul 19, 2021
Category: DIY
Project: Other

About the Project:

Ons droom om ‘n huis te koop en te restoureer het 4 jaar terug op ‘n donker stoep, tydens beurtkrag, gestalte gekry. Ons het ons kliphuis in Napier gevind en met elke verandering laat hierdie huis se identiteit homself bietjie meer geld. Van ‘n leë klipdop tot ‘n gerieflike dubbel-volume spasie, wat meer en meer…

Read More

Ons droom om ‘n huis te koop en te restoureer het 4 jaar terug op ‘n donker stoep, tydens beurtkrag, gestalte gekry. Ons het ons kliphuis in Napier gevind en met elke verandering laat hierdie huis se identiteit homself bietjie meer geld. Van ‘n leë klipdop tot ‘n gerieflike dubbel-volume spasie, wat meer en meer leefbaarheid word soos wat die projek vorder. Ons weet nog nie wanneer ons gaan klaar wees nie. In die kombuis, wat net bestaan het uit ‘n geroeste staalwasbak, het ons een muur gedeeltelik gepleister, ‘n opwaskassie geïnstalleer, ‘n massiewe kombuiseiland gebou uit 2 ou argitekskaste wat ons lank terug op ‘n aanlynveiling gekoop het en ‘n lekker groot spenskas. Die eiland het ‘n konstruksiedennehoutblad gekry en die spenskas is gebou uit ‘n herwinde kiaathout voordeur, stukkende deurkosyne en panele van ‘n ou stukkende kas. Tydens lockdown het die leefarea ‘n massiewe “upstairs library” gekry, nadat ons die dag voor lockdown al die plaaslike agri se hout en skroewe uitgekoop het. Die ou werkswinkel het ‘n slaapkamer geword met ‘n hortjiesventer-glasmuur wat ‘n toekomstige badkamer van die slaapgedeelte gaan skei. Die glasmuur is gebou met 5 afsonderlike vensters wat tweedehands gekoop is.

Budget Breakdown:

Materials:
Kombuis – opwaskassie, wasbak en krane
8500
Kombuis – loodgietersmateriaal
800
Kombuis – gepleisterde muur – sand, sement, verf
2200
Kombuis – gepleisterde muur – ligte
2000
Kombuiseiland – hout, afwerkingsmateriaal, verf
1800
Kombuiseiland – kragpunt en elektriese materiaal
600
Spenskas – herwinde kiaat voordeur
6000
Spenskas – deurkosyne, kaspanele
1000
Spenskas – glas, skroewe, material
1000
Spenskas – hout vir rakke
1200
Upstairs library – versterkingshout
8000
Upstairs library – hout vir rakke en vloer
4000
Upstairs library – skroewe, muur-ankers, verf
2800
Upstairs library – waterpyp-reëlings
2200
Upstairs library – ligte
2400
Slaapkamer – konstruksie-hout
1800
Slaapkamer – laaghout vir bekleding
2000
Slaapkamer – verf- en afwerkingsmateriaal
1400
Slaapkamer – tweedehandse kandelare
1100
50800

Contractors:

No contractor
0
0
Grand Total
R50800