Elize Gildenhuys

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Elize
Surname: Gildenhuys
Location: George, Wes-Kaap
Entry Date: Jul 5, 2023
Category: Most Beautiful
Project: Entire House

About the Project:

Ek was van dag een ’n groot ondersteuner van Tuis en lees dit altyd van voor tot agter. En elke keer dat ons deur die jare verhuis het en ’n woonplek moes mooi maak, wou ek inskryf vir die “regruk”-kompetisie, maar helaas … Na vele jare, verliese en grys hare het ek op 78 besluit…

Read More

Ek was van dag een ’n groot ondersteuner van Tuis en lees dit altyd van voor tot agter. En elke keer dat ons deur die jare verhuis het en ’n woonplek moes mooi maak, wou ek inskryf vir die “regruk”-kompetisie, maar helaas …

Na vele jare, verliese en grys hare het ek op 78 besluit om tog hierdie laaste alleen-staanplek met julle te deel. Nadat my huis op Onrus verkoop is, het ek met die hulp van vriend en vyand begin rondkyk na moontlikhede. Uitendelik het ek my eie besluit geneem en ’n heerlike woonstel te huur gekry by Blue Mountain Retirement Complex op George. Om te huur spaar my nou die vele kopsere en kostes van instandhouding, ensovoorts.
Ek is hier onafhanklik met mediese hulp en bystand ’n oproep ver, ter gerusstelling van my kinders en myself.

Die woord “aftreeoord” het my aanvanklik angstig gemaak weens die onbekendheid daarvan. So ’n einde aan kreatiwiteit en onafhanklikheid. My geliefde lewensmaat was ook nie meer daar om die las met my te deel nie. In ’n mens se later jare word aanpassing by verandering nog moeliker as gewoonlik.

Die wegmaak van oortollige meubels en sentimentele items was swaar. Maar die spesiale meubels en hartsgoed wat ek gehou het, het elk sy eie staanplek gekry en lieflik ingepas in my nuwe tuiste. ’n Aftree-blyplek hoef nie somber en styf te wees nie. Nou het ek ’n knus, vrolike nessie waar ek my tyd kan bestee aan gunstelingding soos lees, naaldwerk en skilder.

Dankie dat ek hierdie aftreehuisie met julle kan deel.

Budget Breakdown:

Materials:
Houtplank
96.00
Gordyne
349.68
Kussings
499.00
944

Contractors:

0
Grand Total
R944