Engela Viljoen

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Engela
Surname: Viljoen
Location: Centurion
Entry Date: May 31, 2021
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Aangesien ons nou bejaard is, het ons kinders besluit dat ons nie meer alleen op ons eie in ons eie huis moet woon nie. My seun en sy gesin het goedgunstiglik aangebied dat ons die buitegeboue op hulle erf, wat bestaan uit ‘n dubbelgarage, werksarea, buitekamer met ‘n buitetoilet kan omskep in ‘n woonstel vir…

Read More

Aangesien ons nou bejaard is, het ons kinders besluit dat ons nie meer alleen op ons eie in ons eie huis moet woon nie. My seun en sy gesin het goedgunstiglik aangebied dat ons die buitegeboue op hulle erf, wat bestaan uit ‘n dubbelgarage, werksarea, buitekamer met ‘n buitetoilet kan omskep in ‘n woonstel vir ons.

My man, nou 70 jaar oud, het besluit om alles self te doen. Alhoewel die buitegeboue tot ons beskikking was kon ons self alles beplan na ons eie smaak en op ons eie onkoste.
Die resultaat deel ek graag met Tuis. Dit bestaan uit een groot leefarea, wat verdeel is in ‘n sitarea, eetkamer, TV-hoekie, kantoor-hoekie en ‘n groot kombuis, ‘n groot slaapkamer met en-suite, en ‘n gastetoilet. Met uitsondering van die Trellidor diefwering, blinders en kombuis- en slaapkamerkaste, waarvoor ‘n kontrakteur gebruik was, was alles deur my man self gedoen.

Budget Breakdown:

Materials:
Stene,bou en pleister sand
I-SO board plafon
Teels
Loodgieter werk
Sement
Elektries
Deure,vensters (Alimunium)
Dak
Verf
0

Contractors:

Trellidor
Exclusive Granite Design
Indoor Sunlight
Crounel Kontrakteurs(kombuiskaste)
0
Grand Total
R0