Erla-Mari Diedericks


About the Project:
Ek het besluit om my ou woonstel, waar my ma tot onlangs gewoon het, op te knap vir die tweede helfte van my lewe sodat ek daar kan skryf en ontspan wanneer my seun klaar is met kollege en die huis verlaat. Die woonstel was omtrent vyftien jaar oud, met ’n baie ou kombuis en…
Ek het besluit om my ou woonstel, waar my ma tot onlangs gewoon het, op te knap vir die tweede helfte van my lewe sodat ek daar kan skryf en ontspan wanneer my seun klaar is met kollege en die huis verlaat. Die woonstel was omtrent vyftien jaar oud, met ’n baie ou kombuis en vloerbedekkings. Die bestaande Jacuzzi en tuin moes ook opgeknap word sonder om te veel geld te spandeer. Ek wou die klein spasie optimaal benut, die kombuis van my drome inrig, die badkamer en ander vertrekke vernuwe en die ou tuin regruk. Spasiebenutting en pakplek was ook noodsaaklik. My begroting was min: R300 000. Hiermee moes ek betaal vir die kombuis, badkamer en tuin, sowel as die stoof, alle bykomstighede, herstelwerk aan die Jacuzzi; ook vir blindings, verf en gordyne, én vir my trek soontoe. Die ander struikelblok was dat my ma ’n opgaarder was en ek eers van al haar goed ontslae moes raak. Ek wou ’n lushof skep in blou-en-wit – my gunstelingkleure. Tog het ek dit reggekry en kon ek ná ses maande intrek.
.












Budget Breakdown:
0 |
Contractors:
Woodteck
125808
|
Floor Vision
32491
|
Various DIY contractor
50000
|
Happy Gardens
20000
|
228299 |
Grand Total R228299 |