Ester Serdyn


About the Project:
Ons het 27 jaar gelede ’n melkplaas in die Swartland gekoop. My man fokus op koringboerdery en het die melkery tot niet gemaak. Sedertdien het die huisie waarin die melkspan gebly het, leeg gestaan en was dit besig om tot niet te gaan. Dit was ’n baie stewige baksteenstruktuur en die afgelope 20 jaar het…
Ons het 27 jaar gelede ’n melkplaas in die Swartland gekoop. My man fokus op koringboerdery en het die melkery tot niet gemaak. Sedertdien het die huisie waarin die melkspan gebly het, leeg gestaan en was dit besig om tot niet te gaan. Dit was ’n baie stewige baksteenstruktuur en die afgelope 20 jaar het die idee by my begin posvat om dit op te knap en in ’n woonhuis te omskep. Dit was ’n lang droom – Rome is immers nie in een dag gebou nie!
Die huis het bestaan uit vier ewe groot slaapkamers en een woonvertrek wat die slaapkamers verbind het. Geen kombuis of badkamer nie. Die ablusiegeriewe was buite en het lank gelede reeds tot niet gegaan.
Ons het die een slaapkamer se muur uitgeslaan en in ’n oopplankombuis verander om deel te raak van die woonvertrek. Die tweede slaapkamer se agterste gedeelte het ’n dwarsmuur en ’n deur gekry. Agter die muur is ’n instapstort geplaas; daar is ook ’n toilet en wasbak ingesit. Hier het ek die badkamerbykomstighede en toilet uit my eie badkamer – wat ek vernuwe het – gebruik. Die ysterraamvensters en -deurkosyne was tot niet; dit is uitgehaal en vervang met vensters en ’n voordeur met aluminiumrame. Die ou deure en kosyne is weggery as skroot.
My binnedeure is ou deure wat uit my ouers se huis gekom het. So het ons ook so ’n bietjie sentiment ingebou in my projek! Soos hulle sê: “Reuse, reduce, recycle…”
Die vloere is geteël en ’n stoep met ’n afdak is opgerig wat die huis se leefarea met bykans 30 vierkante meter vergroot het! Ek het nie klerekaste laat inbou nie, maar pragtige tweedehandse swarthoutkaste gekoop en hulle ’n tweede kans gegee.












Budget Breakdown:
Materiaal, sement, stene, dakplate, pype
145000
|
Elektriese werke
5803
|
Slootgrawer
8500
|
Kombuiskaste en klerekaste
35696
|
Teëls
17611
|
Ligte
7715
|
Blindings
7800
|
Aluminiumvensters en -deur
21868
|
249993 |
Contractors:
Sterren du Plessis alias Mens
116000
|
116000 |
Grand Total R365993 |