Hennie Barnard

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Hennie
Surname: Barnard
Location: Wildernis, Wes-Kaap
Entry Date: Jul 5, 2023
Category: Sustainability
Project: Entire House

About the Project:

Ons is lief vir die natuur en het daarom ‘n onontwikkelde kleinhoewe in Wildernis gekoop met die doel om ‘n omgewingsvriendelike woonhuis en ‘n studio daarop te bou wat bewaring van die planeet en die natuur in ag neem, boumateriale hergebruik en die bestaande energiebronne sinvol gebruik. Stap een was om alle indringerbome en -plante…

Read More

Ons is lief vir die natuur en het daarom ‘n onontwikkelde kleinhoewe in Wildernis gekoop met die doel om ‘n omgewingsvriendelike woonhuis en ‘n studio daarop te bou wat bewaring van die planeet en die natuur in ag neem, boumateriale hergebruik en die bestaande energiebronne sinvol gebruik.

Stap een was om alle indringerbome en -plante te identifiseer en te verwyder, en om fynbos so ver moontlik te preserveer. Na hierdie program kon ons toegangspaaie uitlê, huisposisies bepaal, konserwatief ontbos en aan die werk spring tesame met ‘n bouspan bestaande uit 4 Zimbabwiërs en 2 Malawiërs. Ons het met die studio begin want ons het sy dak nodig gehad vir sonpanele, sy spasie vir toesluitstoorplek en sy badkamer vir gebruik deur die bouspan. Ons het die dennebome wat ons as deel van die indringerprogram uitgehaal het, se stamme gebruik vir landskapwerk.

Na die studio is die woonhuis gebou: albei strukture van hout en Nutec omdat dit ligter, skoner en vriendeliker is as sement en stene.

Ons het drie energiebronne op die kleinhoewe: baie hout, asook gas en die son. Ons gebruik ‘n houtkaggel met ‘n hitte-uitstralende skoorsteen om die huis op albei vlakke te verhit – hiervoor is die wattelbome wat ons moes uithaal , ideaal. Die stoof en geiser werk met gas. Die res werk met elektrisiteit en dié kom van ‘n paar sonpanele en batterye bo-op en in die studio. Reënwater word opgevang om die tuin mee nat te maak; dit sal in sal toekoms gefiltreer word om ook in die huis te gebruik. Baie materiaal is hergebruik nadat ons dit gratis ontvang het (bv. krane, lampskerms, deure, plaveiselsteentjies) of tweedehands gekoop het (bv. al die skuifraamvensters en die voordeur kom van ‘n ou kerk in Mosselbaai). Die bouproses was binne 13 maande klaar.

Budget Breakdown:

Materials:
Ysterware
779090
Ander materiaal
192114
971204

Contractors:

Bouspan en brandstof
507376
Ongespesifiseer
70649
578025
Grand Total
R1549229