Hugo en Sonette de Beer

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Hugo en Sonette
Surname: de Beer
Location: Nelspruit, Mpumalanga
Entry Date: Jun 30, 2020
Category: Most Beautiful
Project: Kitchen

About the Project:

Dit het alles begin met “kom ons teël”. Dit was ’n laslappie met nege verskillende soorte teëls deur die huis, wat oral sleg gebreek was. Die “gate” in die kombuis was die ergste. Alles moes ontruim word om die vloere te vervang, en daar het ons drome begin gestalte neem. Die kombuis was die grootste…

Read More

Dit het alles begin met “kom ons teël”. Dit was ’n laslappie met nege verskillende soorte teëls deur die huis, wat oral sleg gebreek was. Die “gate” in die kombuis was die ergste. Alles moes ontruim word om die vloere te vervang, en daar het ons drome begin gestalte neem.

Die kombuis was die grootste verandering. Ons gewel so reg uit die 1980’s het plek gemaak vir ’n oop ruimte. Met al die binnemure het jy van die voordeur tot by die kombuis amper in die rondte geloop om in die kombuis te kom. Ons het ’n bouer-en-skrynwerker ingespan en by mekaar baie geleer. Ons het buite die boks gedink en hulle het dit prakties gehou.

Alle binnemure is uitgebreek. Die kombuis was lank en smal, met ’n toonbank onder die kombuismuur tussen die kombuis en eetkamer met ’n koepel. Ons het dit uitgebreek en die opwasdeel van die kombuis toegebou om ’n spens en ’n afsonderlike waskamer te skep.

Eerste op die lys was die spens, en dit was ure se meet en pas om dit te maak werk. ’n Sekere kas moes in die waskamer pas. Houtbalke rond die kombuis af, en die eiland was ook ’n moet. Ons het al die bestaande kombuiskaste herwin en het uitgebrei met die houtwerk om elke pakplekkie te maak werk.  As jy fyn kyk sal jy ’n paar “rookie mistakes” sien. Van die blad wat op die eiland gekom het, tot die kaste se verf; dit was ’n heerlike leerskool. Dit was so lekker dat ons skoon hartseer was toe dit verby was.

Die spens is ’n groot vreugde, en die spasie wat on gewen het, is die lekkerste kuierplek. Die koffiebeker-versameling het sy plek gekry en die houtbalke is ’n treffer.

Budget Breakdown:

Materials:
Hout: Dennehout rak planke
5000
stene en sement en pleister
2500
Wasbak
800
verf
1500
Teels vloere 200xm2 sement en grout ing.
6000
teels mure,
2400
Eiland top
7000
Hout blaaie en balke
18000
ligte
2300
45500

Contractors:

Skrynwerker
10000
Bouer
7000
Gas aanlê v stoof
1
Loodgieter
1200
Elektriese werk
2000
20201
Grand Total
R65701