Irisa Els

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Irisa
Surname: Els
Location: Oudtshoorn distrik, Weskaap
Entry Date: July 1, 2024
Category: Sustainability
Project: Other

About the Project:

Hierdie tuinprojek het van Mei 2022 tot Oktober 2023 geduur. Omdat die vorige eienaar groot las van bobbejane gehad het, het die tuin meer soos ’n tronk gelyk met doringdraad reg rondom! Stap een was dus om alles af te haal. Die projek het uit 3 fases bestaan: die onderste deel met sy plat dak,…

Read More

Hierdie tuinprojek het van Mei 2022 tot Oktober 2023 geduur.

Omdat die vorige eienaar groot las van bobbejane gehad het, het die tuin meer soos ’n tronk gelyk met doringdraad reg rondom! Stap een was dus om alles af te haal.

Die projek het uit 3 fases bestaan: die onderste deel met sy plat dak, die eerste helfte van die tonnel en toe die tweede helfte. Ek het tussendeur die res van my plaaswerk aan die tonnel gewerk en 4 oeste daar geplant. Ek was verantwoordelik vir die tuinuitleg, aanplantings, gelykmaak van die grond en aanry van kraalmis met my kruiwa na die tonnel toe. My pa het my gehelp met die hoepels, skadunet, muurtjies, besproeiing, ensovoorts.

Fase 1:
Ons het ’n plat dak met dubbele 40%-skadunet bo-op en 80%-skadunet aan die kante opgesit. Die tuine was heeltemal skuins (saam met die natuurlike helling) en ek moes dit met ’n groot gesukkel gelykmaak. Al wat in die klipperige grond kon oorleef, was ’n massiewe daggaboom. Selfs die bossies het weggehardloop! Daarom het ek besluit om buitebande vol kraalmis te pak en te beplant by die platdakstruktuur.

Fase 2:
Beter grond het my laat besluit om te bly by die konsep van beddings aan weerskante van ’n sentrale paadjie. Gegalvaniseerde hoepels is aan die bestaande baksteenmuurtjies vasgesit, waarna drade gespan en skadunet vasgewerk is (3 m hoog op ’n leer was dit nogal ’n ondervinding!). Ons het die bestaande drupbesproeiing in hierdie deel opgeknap, maar ek verkies om met die tuinslang nat te gooi sodat ek met ’n arendsoog na my plantjies kan kyk.

Fase 3:
Vir dié nuwe deel van die tuin moes veldgras en vygies verwyder  word, en toe het die grondwerk begin – weer eens was daar meer klip as grond onder die fyn lagie bogrond. My pa het my gehelp om voetstukke vir die hoepels te bou en daarna moes die hoepels, draad en skadunet vasgesit word. Nadat die tonnel ’n hekkie op die einde gekry het, was die projek voltooi – alhoewel die werk/onderhoud aan ’n groentetuin nooit ophou nie!

My groentetuin is aangelê sodat ons gesin meer voedsel vir onsself kan kweek om meer selfonderhoudend te kan leef. Kunsmis of anorganiese gifstowwe is nie deel van my modus operandi nie. Verotte kraalmis van ons eie skape dien as bemesting, terwyl smeerwortelblare en erdwurmmis gebruik word vir ’n kompostee. Selfgemaakte lapsakkies word oor vrugte en groente getrek om dit teen goggas te beskerm. Besproeiingswater kom uit ’n bergstroom (geen munisipale water nie). Tans is daar ongeveer 100 kool-, blomkool-, broccoli- en beetplantjies onderskeidelik, sowel as 200 uieplantjies in die tonnel geplant. Verder is daar ook ’n paar vrugtebome, kruieplantjies, ensovoorts.

’n Paar vrolike tuinornamente laat my soek na die dwergies en kaboutertjies in my tuin.

.

Budget Breakdown:

Materials:
Skadunet en gare
3200
Span- en binddraad en allerlei
1200
Hoepels
2100
Buitebande
0
Tuinornamente
1000
7500

Contractors:

0
Grand Total
R7500