Jeanne-Marie Pentz
About the Project:
Dit het altyd gevoel asof die ruimte in ons kombuis nie optimaal benut is nie en dat alles rondstaan. Ons moes ons kombuis meer prakties maak. Ons woon in ’n kompleks-eenheid met ’n taamlik klein kombuis – daarom was ons opsies beperk. Maar ons het self die nuwe uitleg bepaal en toe ’n kontrakteur gekry…
Dit het altyd gevoel asof die ruimte in ons kombuis nie optimaal benut is nie en dat alles rondstaan. Ons moes ons kombuis meer prakties maak.
Ons woon in ’n kompleks-eenheid met ’n taamlik klein kombuis – daarom was ons opsies beperk. Maar ons het self die nuwe uitleg bepaal en toe ’n kontrakteur gekry om die sketse en voorlegging te doen.
Die finale besluit was ’n moderne swart kombuis met pakplek tot bo. Goeie beligting was nodig, met ekstra liggies in die kaste by die werkspasies ingebou. Ons het die yskas en vrieskas ingebou ter wille van skoon lyne en gehaltelaaistelsels gekies. Praktiese oplossings sluit ’n laaikas vir speserye en olies naby die kookspasie en ’n groot laai met twee asblikke (een vir herwinning) in. ’n Addisionele wasbak is ingesit vir die afspoel van groente en vrugte, met ’n kraan wat aan ’n filtreerstelsel gekoppel is. Die plasing van kragpunte om die gebruik van kombuistoestelle te vergemaklik, is ook deeglik beplan.
Ons nuwe kombuis is baie meer prakties, met baie meer spasie… Ons kan nou kos berei, kook en TV kyk, alles op dieselfde tyd.
Budget Breakdown:
Toestelle
78000
|
Wasbakke en krane
23000
|
Ligte en skakelaars
5400
|
Teëls (spatpaneel)
6500
|
112900 |
Contractors:
Valotech (kontrakteur vir kombuiskaste)
145000
|
Aquila (bouer vir elektrisiteit, loodgieterswerk en uitbreek van muur)
25700.00
|
170700 |
Grand Total R283600 |