Karin Cronje

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Karin
Surname: Cronje
Location: Franschhoek, Western Cape
Entry Date: July 15, 2024
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Dié klein “pophuis” is in ’n singel reg onder die Franschhoek-bergpas geleë. Amper al die huise in die straat lyk eenders, met soortgelyke enkel- of dubbelverdiepinghuise. Die gebou het bestaan uit ’n motorhuis, leefarea, toegeboude kombuis en een slaapkamer met en suite-badkamer op die grondvloer. ’n Dubbeldeur uit die leefarea na die agterplaas het gelei…

Read More

Dié klein “pophuis” is in ’n singel reg onder die Franschhoek-bergpas geleë. Amper al die huise in die straat lyk eenders, met soortgelyke enkel- of dubbelverdiepinghuise.

Die gebou het bestaan uit ’n motorhuis, leefarea, toegeboude kombuis en een slaapkamer met en suite-badkamer op die grondvloer. ’n Dubbeldeur uit die leefarea na die agterplaas het gelei na ’n swembad omring deur betonblokke, en ’n blokmuur oorgroei met plante.

Die houttrap na die boonste verdieping het reg by die voordeur begin. Op die boonste vloer was twee aparte slaapkamers weerskante van die trap, wat reg by die gedeelde badkamer se deur geëindig het. Daar was ook ’n aaklige, piepklein kombuishokkie met ’n deur na die agterplaas.

Ek het dadelik die huis se potensiaal raakgesien, hoewel ek besef het ek gaan reuse- veranderinge moet aanbring om aan al my behoeftes te voldoen en terselfdertyd die vreemde vorm van die erf ten volle te benut.

WAT EK GEDOEN HET
Grondvloer:
– Kombuismure uitgebreek en een oopplan-leefruimte geskep.
– Oopvoudeure en vensters met aluminiumrame na die agterplaas geïnstalleer.
– Die motorhuis dadelik deel van die huis gemaak – deurgebreek uit die leefarea en ’n kombuis met opwashoekie geskep.
– Die motorhuisdeur is toegebou, ’n buitedeur en venster is uitgebreek en kleiner vensters ingebou.
– Kookeiland in oopplan-leefarea geïnstalleer.
– Houttrap uitgehaal, nuwe spiraaltrap ingesit waar die kombuis voorheen was.
– Oop kaggel en skoorsteen in leefarea uitgehaal.

Agterste fasade: Al die deure en vensters vervang met groot voudeure, en ’n sonkamer van glas en aluminium aangebou.
– Lae plafonne uitgebreek om die hoër houtbalke en houtplafon te ontbloot.
– Gastetoilet gebou.

Boonste vloer omskep in soldervertrek:
– Badkamer uitgebreek en alle kamermure afgebreek.
– Houtvloer ingevul waar trap was.
– Een groot solderslaapkamer geskep, met oopplan-badkamer (wasbak, toilet en stort) en
-aantrekkamer.
– Dakvenster wat kan oopmaak by stort ingesit.
– Nuwe skuifvenster na die berguitsig geïnstalleer.
– Vloer geskuur en wit geverf.

Buite (agterplaas):
– Betonoerwoud van blokke gelig.
– Aaklige vorm van swembad verdoesel met plantbokse en verskillende vlakke.
– Stutblokke verwyder en grondvlak verlaag om plek vir ’n braaiarea te skep.
– Braaiarea, sitbankies, plantbokse en keermuur met nisse ingebou.
– Buitestort gebou.
– Gras en houtdek ingesit.
– Hout-pizzaoond geïnstalleer bo-op nismure, met stoorplek daaronder.
– Swembadpomp toegebou en gekombineer met die stortmuur.
– Plante uitgehaal en nuwe plante en bome geplant.

Vooraansig:
– Broekiekant en houtreling op stoep verwyder.
– Voorstoep geteël.
– Wit heining verwyder; skuifhek en nuwe grensheining ingesit.
– Klein kantoor aangebou.
– Klein private hoekie geskep met waterglanspunt net buite die kantoor.
– Heinings vervang en nuwe plante geplant.

Budget Breakdown:

Materials:
Glas en aluminium struktuur en dak (Glasboks)
51954
Kaggel (Glasboks)
7500
Skoorsteen en installasie (Glasboks)
9800
Hout vir buitedek (Glasboks)
3987
Bakstene en betonvloer (Glasboks)
2700
Nuwe beligting (Glasboks)
1800
Muur kragpunte (Glasboks)
1200
Verf (Glasboks)
1800
Teëls (Stort en swembadpomp boks)
1234
Bakstene (Stort en swembadpomp boks)
1800
Stortkop, dreinering en mixer (Stort en swembadpomp boks)
2600
Verf (Stort en swembadpomp boks)
550
PVC deksels vir swembadpomp (Stort en swembadpomp boks)
2800
Loodgieter (Stort en swembadpomp boks)
900
Teëls (Houtoond en blad op mure)
480
Klompies (Houtoond en blad op mure)
400
Bakstene (Houtoond en blad op mure)
1600
Houtoond en skoorsteen (Houtoond en blad op mure)
7000
Verf (Houtoond en blad op mure)
630
PVC deure onder blad (Houtoond en blad op mure)
1700
Teëls (Braai area)
750
Klippies (Braai area)
800
Bakstene braai, bankies, plantbokse en keermuur (Braai area)
5800
Spieel, vensterraam (Braai area)
1867
Staal keermuur (Braai area)
1856
Verf (Braai area)
2108
Plante, kompos en gras vir die gedeelte
6778
122394

Contractors:

Glasboks bouspan
13500
Braai area bouspan
11700
Stort en swembadpomp boks bouspan
5500
Houtoond en blad op mure bouspan
5500
36200
Grand Total
R158594