Laing De Villiers

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Laing
Surname: De Villiers
Location: Stanford, Wes-Kaap
Entry Date: Jul 19, 2023
Category: Sustainability
Project: Entire House

About the Project:

Laing het potensiaal gesien in ’n uiters bouvallige ou arbeidershuisie en wou dit op ’n eko-vriendelike manier en met die gebruik van natuurlike produkte opbou en herstel. Die bakstene (rou stene) is herwin van ’n ander bouvallige huisie en die mure is met ’n mengsel van klei, strooi en sand gepleister. Die dakkappe is populier-…

Read More

Laing het potensiaal gesien in ’n uiters bouvallige ou arbeidershuisie en wou dit op ’n eko-vriendelike manier en met die gebruik van natuurlike produkte opbou en herstel.

Die bakstene (rou stene) is herwin van ’n ander bouvallige huisie en die mure is met ’n mengsel van klei, strooi en sand gepleister. Die dakkappe is populier- en bloekombome wat gedurende die winter op die plaas gesaag en toe gedroog is. Die dak is ’n rietdak.

Vir die vloere het Laing self ’n mengsel van klei, strooi, sand, beesmis en kalk gemaak en gesmeer.

Tweedehandse vensterrame en deurkosyne is gebruik. ’n Sederboom wat omgewaai het, is in balke gesaag en as lateie gebruik.

Water is uit die berg aangelê en krag word voorsien deur sonpanele. Die huis funksioneer heeltemal onafhanklik van munisipale dienste, danksy ’n omsetter en battery vir stoorkapasiteit. Die geiser werk met gas, en ’n houtstoof is geïnstalleer.

Budget Breakdown:

Materials:
Rou bakstene
0
Pleister
0
Dakkappe
0
Rietdak (riet, spaansriet)
40000
Lateie
0
Vloere
2000
Vensterrame en deurkosyne
23000
Elektriese bedrading, ens.
70000
Plate (badkamer)
0
Loodgieterswerk, -pype, ens.
6500
Hout-tussenvloer
100
Verf
5000
146600

Contractors:

Ecowerks
510000
JC Barry (elektrisiën)
10000
Onsite Plumbing
1000
Creative Thatchers
40000
561000
Grand Total
R707600