Lelanie Matthee


About the Project:
Einde Maart het ons beplan om ’n daklek reg te maak, net om met ’n nare verrassing uit te vind dat ’n pyp in ons badkamermuur gebars het. Nodeloos om te sê dat dit aanleiding gegee het tot ’n hele badkamervernuwing! ’n Muur is uitgebreek, ’n buitedeur is met ’n groot venster vervang, terwyl ’n…
Einde Maart het ons beplan om ’n daklek reg te maak, net om met ’n nare verrassing uit te vind dat ’n pyp in ons badkamermuur gebars het. Nodeloos om te sê dat dit aanleiding gegee het tot ’n hele badkamervernuwing! ’n Muur is uitgebreek, ’n buitedeur is met ’n groot venster vervang, terwyl ’n ander venster vervang is met ’n kleiner een. Die bad en stort is omgeruil. Ons wou ook nie al die mure teël nie en het ’n mengsel van Rhinolight, teëlsement, voegbry en bindmiddel (“bonding liquid”) gebruik, wat daarna met ’n houtseëlaar verseël is. Ons het die ou toilet en krane behou en heelparty ou dekoritems (spieël, vinielmat en draadkas, ou handdoeke en plantpotte) hergebruik – ja-nee, dié ou items moes weer gemaak werk word. My man, Leon, moes talle van my planne help uitvoer (hy is darem só oulik!). Die eindresultaat, ná 3 lange maande, is absoluut heerlik en ons is dankbaar.












Budget Breakdown:
Teëls
|
Teëlmengsel
|
Bad en wasbak
|
Badkassie
|
Ander uitgawes
|
0 |
Contractors:
Cornél Roos (teëlwerk)
|
Riaan (kontrakteur
|
0 |
Grand Total R0 |