Liesl Lambrechts

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Liesl
Surname: Lambrechts
Location: Paarl
Entry Date: May 31, 2021
Category: Most Beautiful
Project: Bedroom

About the Project:

Ons het nie alles self gedoen nie, maar die helfte van die werk self gedoen. Ons moes vir my moeder ‘n woonstel voor ons huis aanbou en sodoende het ons hoofslaapkamer sy een venster verloor en moes ons hom toebou. Ons het die slaapkamer heeltemal gedraai dat die toegeboude muur dan die fokuspunt word agter…

Read More

Ons het nie alles self gedoen nie, maar die helfte van die werk self gedoen.
Ons moes vir my moeder ‘n woonstel voor ons huis aanbou en sodoende het ons hoofslaapkamer sy een venster verloor en moes ons hom toebou. Ons het die slaapkamer heeltemal gedraai dat die toegeboude muur dan die fokuspunt word agter die bed.

Ons het die toegboude muur waar venster was, net gebag nie gepleister nie. Ek het net met bietjie wit verf en water oor die bag muur geverf om hom sagter te laat vertoon. (wou nie nog wit sement gaan koop nie, dis nogals duur).

Aangesien Covid gemaak het dat ek bietjie meer tyd beskikbaar het, het ek besluit om my eie muurpapier te ontwerp – wat ek al solank al wou doen. Ek het iets tropies ontwerp, maar iets wat tog ook rustig vertoon, dit is immers ons slaapkamer. Ek het my ontwerp toe laat print en dit self geplak en n hele paar rand gespaar. Ons het ook self die res van die kamer en skirtings geverf.

Ek het warm kleur spatsels ingebring met die kleur kussings en ook mooi groenigheid.
Bed is erfstuk van oupa en die pragtige antieke stoel van my ouma.

Ons moes die vloer en plafon oordoen, en het n span gekry wat ons daarmee gehelp het.

Ons love ons nuwe kamer, en kruip nou sommer saans baie vroeer in.

Ek het tydens covid sommer paar kussings en lap ontwerp vir my meubels. Ek heg ‘n foto ook aan van een van my kussings wat ek gedoen het.

Budget Breakdown:

Materials:
Muurpapier se print
1400
kussings
500
nuwe hangligte
800
Stene en sement om gat toe te bou
1100
3800

Contractors:

vinyl vloer
6000
ceiling
7000
13000
Grand Total
R16800