Liezel Kruger


About the Project:
Hierdie is die pragtige Drostdy Kwekery & Teetuin in die mooie Swellendam aan die voet van die Langeberge. Maar laat ek liewers begin by die heel begin: So 30 jaar terug het ek met my familie in Zoeloeland, Natal, gebly. My drie kinders was op laerskool en ek het gretig na iets gesoek om my…
Hierdie is die pragtige Drostdy Kwekery & Teetuin in die mooie Swellendam aan die voet van die Langeberge. Maar laat ek liewers begin by die heel begin:
So 30 jaar terug het ek met my familie in Zoeloeland, Natal, gebly. My drie kinders was op laerskool en ek het gretig na iets gesoek om my liefde vir plante ten volle uit te leef. Ek het ‘n erf in die dorp Empangeni gesien met ‘n reuse-Ficus-boom in die middel van die erf. Ek het begin droom, sketse gemaak en die eienaar gaan sien.
My droom was om ‘n kwekery en teetuin daar te begin; ‘n plek waar mense heerlik kan ontspan met ‘n koppie koffie, omring deur plante en blomme.
Helaas het dit om verskeie redes nooit gerealiseer nie en ek het die droom in ‘n boks diep onder die bed gebêre.
Ná 20 jaar in Natal trek ons Pretoria toe en doen ek ‘n diplomakursus in tuinontwerp by Lifestyle College in Randburg. Daarna begin ek my eie besigheid: Green Lily Landscaping.
Baiemaal deur die jare wanneer ek by kleinhandelkwekerye gekom het, het ek altyd rondgekyk en gedink: Ja, ek sou dit só doen, die muur ‘n donkerder kleur verf, die plante soontoe skuif… en ek het weer ‘n bietjie gedroom.
Ná 18 jaar in Pretoria – te veel hartseer, te veel trane, te veel begrafnisse – besluit ek om na die mooie Swellendam te trek!
Terwyl ek in Pretoria pak vir die trek, kry ek ‘n oproep van die eiendomsagent, Theresa, op Swellendam. Baie opgewonde vertel sy: Die museum het hierdie eiendom waar daar voorheen ‘n kwekery was, maar dit het baie verwaarloos geraak tydens Covid. Dis ideaal vir my, sê sy, want ek is mos ‘n “landscaper” en dit is loopafstand van my nuwe huis in Kerkstraat en … en….
Terwyl sy opgewonde voortbabbel, sê die Here saggies maar duidelik vir my in my regteroor: “Onthou jou droom”, en dadelik dink ek weer aan my droom oor die kwekery en teetuin wat ek vir soveel jare weggebêre het.
Wel, na baie swoeg, sweet, vloeke, stres en trane, is my droom uiteindelik ‘n werklikheid!
Ek weet niks van kleinhandelverkope, teetuine of geskenkwinkels af nie, maar ‘n mens is nooit te oud om te leer nie, al is jy 65.
Waar daar ‘n wil is, is daar altyd ‘n weg. Ek is baie trots op my kwekery en geniet elke oomblik wat ek daar besig is. Daar is nog heelwat wat gedoen en gekoop moet word, maar dit sal nog kom.
Baie dankie vir die geleentheid om my verhaal te vertel!












Budget Breakdown:
Muurskildery
10000.00
|
Plafonriete
5000.00
|
Houttafel
3000.00
|
Geskenkwinkel-produkte
6000.00
|
Plante
28000.00
|
Fontein (klein)
3000.00
|
Breekgoed in kombuis
6500.00
|
Tafels en stoele
7000.00
|
68500 |
Contractors:
Willie Nutsman
3630.00
|
3630 |
Grand Total R72130 |