Lizelle Terblanche

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Lizelle
Surname: Terblanche
Location: Mbombela
Entry Date: May 9, 2024
Category: DIY
Project: Kitchen

About the Project:

Toe my man as produksiebestuurder by Indigo Fruit in Nelspruit begin werk, was een van die byvoordele dat ons ’n huis kry. Dié plaashuis, reg langs ‘n treinspoor, is egter stokoud; dit was vervalle en glad nie mooi van buite nie. Ek het besef dat as ek ’n mooi huis wil hê waarop ek kan…

Read More

Toe my man as produksiebestuurder by Indigo Fruit in Nelspruit begin werk, was een van die byvoordele dat ons ’n huis kry. Dié plaashuis, reg langs ‘n treinspoor, is egter stokoud; dit was vervalle en glad nie mooi van buite nie. Ek het besef dat as ek ’n mooi huis wil hê waarop ek kan trots wees, ek eie inisiatief sou moes neem om dit mooi te maak.

Ons was gelukkig genoeg om ’n begroting van R100 000 vir die opknap te hê – dit sluit in om die hele huis te verf en verskeie dele te teël. Ons is veral trots op wat ons in die kombuis reggekry het.

Wat ons in dié ruimte gedoen het:
– Deurkosyne afgeskuur
– Hele kombuis oorgeverf
– Nuut geteël
– Nuwe kombuisblad
– Nog kaste bo geïnstalleer
– Mooi dekor bygevoeg

Budget Breakdown:

Materials:
Teëls
4000
Verf
800
Kombuisblad
3500
Kombuiskaste
5000
Monn-mat
2000
Grasmandjies
600
Dennehout-eiland met wiele
3000
18900

Contractors:

Bryan
6000
6000
Grand Total
R24900