Marike Schutte

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Marike
Surname: Schutte
Location: Mbombela, Mpumalanga
Entry Date: June 19, 2024
Category: DIY
Project: Other

About the Project:

In November 2023 moes ons trek toe Ouma by ons kom bly het. Die nuwe huis had ’n welkome studeerkamer vir Pa (en soms Ma ook) wat van die huis af werk. Maar die los meubels het nie by mekaar gepas nie en Pa het nie die beste lessenaar vir sy werk en skerms gehad…

Read More

In November 2023 moes ons trek toe Ouma by ons kom bly het. Die nuwe huis had ’n welkome studeerkamer vir Pa (en soms Ma ook) wat van die huis af werk. Maar die los meubels het nie by mekaar gepas nie en Pa het nie die beste lessenaar vir sy werk en skerms gehad nie. Toe kry ons die idee om ’n toonbank teen die muur te installeer met liasseerkabinette daaronder. So kon Pa en Ma ’n werkplek (en Pa se jagtrofees vir die eerste keer ’n staanplek) kry. Terwyl ons die kombuis vernuwe het, het ons ’n ekstra werkblad gekoop vir Pa se werkstasie. Omdat ons nog nie liasseerkabinette kon kry nie, moes drie tafelpote dit solank ondersteun. Vir die muur het ons ’n verf in die kleur Charcoal gekies, maar omdat dit te lig was het ons van die swart verf waarmee die pote geverf is, bygemeng tot ’n mooi donkergrys. Nadat die muur geverf is, het ons die toonbank teen die muur vasgesit met die pote daaronder, en gate geboor vir al die kabels. Die trofees en jagfoto’s het toe eindelik ’n mooi plek teen die muur gekry in rame uit Oupa en Ouma se stoorkamer; die los meubels kon uit. Nou het Pa (en soms Ma) ’n lieflike werkplek!

Budget Breakdown:

Materials:
Saxon Oak-werkblad (3 m)
2000.00
Houtlatte (1 m)
100.00
Skroewe en skroefproppe
50.00
Tafelpote (3)
567.00
Verf (die oorpronklike houtskool basis)
434.00
Ou rame (2)
0.00
3151

Contractors:

Ma en Pa het als gedoen
0.00
0
Grand Total
R3151