Marinda du Toit

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Marinda
Surname: du Toit
Location: Namibië
Entry Date: Jul 26, 2021
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Ek het al Tuise weggegee, maar die vroegste een in my besit is Januarie 2006. Ons huis was ‘n doodgewone plaashuis in die suidooste van Namibië, gebou tussen die rooi sandduine van die Kalahari in 1952 uit klip wat op die buurplaas uit ‘n pan met die hande uitgekap is en met ‘n beitel “gedress”…

Read More

Ek het al Tuise weggegee, maar die vroegste een in my besit is Januarie 2006. Ons huis was ‘n doodgewone plaashuis in die suidooste van Namibië, gebou tussen die rooi sandduine van die Kalahari in 1952 uit klip wat op die buurplaas uit ‘n pan met die hande uitgekap is en met ‘n beitel “gedress” tot volmaakte “stene”. In Oktober 2009 is ‘n artikel van ‘n Soeperstoep! Op foto 1 kan jul sien ons huis is basies dieselfde as die foto op bl 72 van fase 2. Met soeperstoep in gedagte maak ons ‘n stoep met ‘n afdak. Ons stoep is nie so indrukwekkend soos Tuis se soeperstoep nie, maar ek is heel tevrede. Ons kuier elke namiddag in die somer daar met ‘n beker koffie. Geniet die son wat vroeg opkom en bak in die winter tot ons voete vuurwarm is.

As ek iets soek, weet ek presies waar en so blaai ek weer eendag deur by Tuise. In die uitgawe van Mei 2009 was ‘n prentjie op bl.16 en 18 wat daai dag skierlik uitspring en vir my skree!!

En ‘n droom begin ………….

Na baie jare, baie baie trane en nog baie meer somme maak, besluit ons 2016 om tog ons huis mooi en gerieflik te maak. Ons het net een badkamer gehad. Dit was altyd ‘n uitdaging as ons vakansies baie familie kry wat kom kuier en hoewel die vloei van die huis nie sleg was nie, wou ek dit graag oop maak met groot vensters en groot deure, sodat ons die plaas se natuur oral om ons kon sien en geniet – soos in Mei 2009, bl. 16. Ons beplan nog ‘n badkamer, die oue moet oor gedoen word en die kombuis- sit/eetkamer moet oopgekap word. Ons kon nie veel uitbreek nie, want die dak se balke het omtrent op elke muur gedra. Hier was egter ontsettend baie vlêrmuise waarmee ons nie meer raad gehad het nie en Jannie (my man) besluit, om van hulle ontslae te raak, haal ons die dak af en beplan ‘n heel nuwe dakkonstruksie, wat dit toe maklik maak om enige muur uit te breek. Ek kon dit breek en verander net soos ek wou! Julle, ek kan nie in woorde my vreugde en opgewondenheid vertel nie. Onthou, dit is al ‘n droom vir ag of tien jaar. Ons het ‘n kontrakteur gekry, maar ons twee was elke dag betrokke met toesig en baie werk het ons saam met die werkers gedoen – van kruiwa stoot en bobcat ry tot by die fix van baie onvoorsiene probleme.

Ek moet net noem. Ons bly 500km vanaf Windhoek waarvandaan die meeste materiaal moes kom tot op Aranos en 110km van Aranos met ‘n grondpad waarvandaan al die materiaal en werkers aangery moes word. In die lig daarvan kan jul sien, dit was ‘n reuse uitdaging.

2 Oktober 2016 kom grawe hulle die nuwe fondasie vir die vertrek wat ons wil aanbou aan die suidekant van die huis – ‘n lekker leefvertrek met ‘n binnebraai vir daai koue wintersaande – want sien, ons Namibiërs kan braai!! Sommer twee of drie maal in ‘n week as dit moet en potte vol bredies en sop op die vuur om die dag warmer te maak in die winter.

Foto’s van die ou huis is aangeheg en een of drie van die bouproses.

Op 2 Desember laai hulle die laaste gereedskap en werkers – TAAK VOLTOOI!! (Terloops, dit was ons 27ste huweliks herdenkingsdag)

Dit het nie 100% gekom soos die prentjie in my kop nie, maar ek het al vrede gemaak daarmee. Hier het ons nie die luukse van ‘n binneontwerper nie en ek moes op my eie my idee so goed as moontlik oordra aan die kontrakteur. Die projek is klaar, maar ek sê: “Die prentjie is klaar geteken, nou moet dit nog ingekleur word”. Ons het al baie goedjies gekry wat nodig was, maar die fyner detail kom mos maar met die tyd. En wie wil nou alles in ‘n japtrap klaar hê? (Of eintlik wil ek, want ek is een van daai mense wat iets gister al wou klaar hê.) Soms is dit vir my uiters verstreurend om so lank te wag voor ek in ‘n winkel kom om ietsie te koop waarna ek soek. En ek sou wat wou gee om net so bietjie raad te vra. Ek weet van lyne, ritme, verhoudings, balans en ‘n fokuspunt, maar twyfel tog soms.

Budget Breakdown:

Materials:
0

Contractors:

0
Grand Total
R0