Marinda Lubbe

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Marinda
Surname: Lubbe
Location: Hartenbos
Entry Date: May 7, 2020
Category: DIY
Project: Other

About the Project:

My droom was nog altyd om ’n vertrek te omskep met sink, hout en staal. Die reuk van hout, geluid van reën op ’n sinkdak en die growwe afwerking van staal skep vir my alles ’n gevoel van warmte. Op ’n dag stap ek agter my man se staal- en ysterwarewinkel in en kry die…

Read More

My droom was nog altyd om ’n vertrek te omskep met sink, hout en staal. Die reuk van hout, geluid van reën op ’n sinkdak en die growwe afwerking van staal skep vir my alles ’n gevoel van warmte.

Op ’n dag stap ek agter my man se staal- en ysterwarewinkel in en kry die idee om al die laers (“bearings”) te skuif en die vertrek te omskep in ’n salon. Dit was geen grap om elke laer te skuif en weer in die regte volgorde te sit nie! Die idee om my droomsalon te begin, het my gedryf om die vertrek in ’n week te ontruim.

Intussen het ek by elke antiek- en tweedehandswinkel op Parys gaan kyk vir al wat ’n hout- sink- of staal-artikel is.
Ek is mal om van ’n ou ding iets nuuts te maak; dit wat ander weggooi, tel ek gewoonlik vir ’n appel en ’n ei op en maak iets nuuts daarvan.
Ek is ook nie bang om self in te spring om hout te saag, matte uit te haal of te verf nie. Mooimaak is my passie – dis elke keer ’n nuwe uitdaging, want geen twee projekte is identies nie.
Ek is mal oor sinkdamme. My fokuspunt was die toilet; ek wou ’n ronde sinkmuur skep vir die toilet en van daar af die salon se wasbak insit. Die vloere het aanplak-teëls opgehad wat ek uitgeruk het. Ek het besluit om die rustieke sementvloer net so te los.
Ek het die sink en hout vir bitter min by my man gekry.
Die hele projek het nie eens R22 000 gekos nie, al my aankope ingesluit.
Die salon het my so twee weke geneem om te bou.

Budget Breakdown:

Materials:
sink, hout, staal, fittings, skroewe
0
0

Contractors:

0
Grand Total
R0