Marlize Moolman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Marlize
Surname: Moolman
Location: Middelburg, Oos-Kaap
Entry Date: July 17, 2024
Category: Most Beautiful
Project: Entire House

About the Project:

Op ons plaas Rusoord was daar twee ou ramstalle. (Vroeër jare het boere hul Merino-skouramme saans op stal gehou sodat hul wol nie nat word van die dou nie en dat die ramme sekere voer kon kry.) Elke keer wanneer ek op my oefenpaadjie verby die ramstalle gestap het, het ek daarvan gedroom om dit in…

Read More

Op ons plaas Rusoord was daar twee ou ramstalle. (Vroeër jare het boere hul Merino-skouramme saans op stal gehou sodat hul wol nie nat word van die dou nie en dat die ramme sekere voer kon kry.) Elke keer wanneer ek op my oefenpaadjie verby die ramstalle gestap het, het ek daarvan gedroom om dit in gasteverblyf te omskep. Ná 25 jaar kon ek my droom laat waar word.

In 2022 het ’n wonderlike vriendin van Nelspruit vir my R100 000 gegee en gesê ek moet begin bou en my droom ’n werklikheid maak. Ons het in Augustus daardie jaar met die projek begin en was in Oktober 2023 klaar.

My droom vir die Ramstal is dat mense daar sal kom bly en dít wat ons elke dag die voorreg het om hier in die Karoo te ervaar, ook te kan beleef.

Die ou Ramstal is eenkant en weggesteek. Daar hoor jy niemand en niks nie. Saans is die enigste lig die maan en die sterre; bedags kyk jy uit op Renosterberg wat deel is van die Sneeuberge, en asem jy skoon en vars Karoolug in. Die idee met die uitleg van die Ramstal is sodat mense die oopheid en ruimte van die plaas en die Karoo kan ervaar. Niks is ingedruk of beperkend nie. Daar is spasie!

Die tema van die Ramstal is wol! Daarom het ons van soveel wolprodukte moontlik gebruik gemaak – soos die duvet, komberse en skaapvelle.

Die baksteenmure, sinkdak, houtkappe en hortjievloere van die oorspronklike gebou is alles behou. Hier en daar is ook ’n ou voerbak, en die houtafskortings was die deel van die krale aan die binnekant. Die vensters is so ontwerp dat daar natuurlike lugvloei tussen die vensters en openinge onder die vloer is. Die deure en vensters is ingesit volgens die oorspronklike ritme van openinge en pilare in die ramstal. Die beligting is so gedoen dat die natuurlike teksture van baksteen, sement en hout mooi belig word.

Die oorspronklike klippaadjies waarop die skape na die ramstal geloop het, is net so behou; en waar die hekke was, is nou groot houtdeure.

Die badkamer was die ou voerkamer, nog met sy oorspronklike sementvloer. Die bad is in die middel van die badkamer gebou met groot glasdeure sodat jy in die bad kan sit en kyk na die wildsbokke wat naby die Ramstal in die wildskamp loop.

In die winter brand die Esse-stoof en die kaggel word sommer vroeg aangesteek. In die somer is die braaiput en die braaiarea – gebou van klip – die ideale plek om ’n Karootjoppie te braai. Die ou sementdammetjie is in ’n swembad omskep.

Die Ramstal is ’n luukse wegbreekplek vir mense wat wil ontspan en rus. Dis ook die wittebrood-suite vir die trouvenue op die plaas. Hopelik kan ek in 2025 begin bou aan die tweede Ramstal.

Budget Breakdown:

Materials:
Jojo-tenk
10000
Gasgeiser en -silinder
5000
Viking Trading Hardeware en boumateriaal
120000
CTM (bad, wasbakke, krane, stort)
50000
GK Lighting (ligte)
25000
Weylandts (ligte en bakke)
7500
Cielo King Bed (matras)
10000
Karoo Creations (wolduvet en -kussings)
4500
Blankets from Africa (wolkomberse, kussing en watersakke)
3000
Mandjies
2000
Whitehouse (beddegoed en handdoeke)
2500
Hertex (lap en stoffering van ou stoele)
3000
Esse-stoof
0
Eetkamertafel
0
Ysterbed, matrasse en beddegoed
0
Swart spieëls
0
Klerekas in badkamer
0
Whitehouse (vloermatte)
5000
Skaapvelle/bedmatjies
1500
Yskas, gasstoof, mikrogolf
15000
Breekgoed, eetgerei, glase, kombuisware
5000
Binneversiering, blindings
8000
277000

Contractors:

Grace Architecture - Katherine Botha (optrek van planne en uitleg)
0
Mister Window (aluminiumdeure en -vensters)
150000
ABC Kontrakteurs (sonkrag)
120000
A. Perry (elektrisiteit)
25000
Serfontein en Seuns (houtdeure)
25000
Desmond en span (bouers)
158000
Koos en plaasmanne
0
478000
Grand Total
R755000