Marlize Moolman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Marlize
Surname: Moolman
Location: Middelburg Oos Kaap
Entry Date: July 1, 2024
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Ek het onlangs die wolskuur op ons plaas in die Karoo omskep in ’n trouvenue, maar ná die eerste plaastroue het ek besef ons benodig verblyf vir die trougaste en families. Naby die wolskuur (venue) was daar 10 werkershuise wat nie meer in gebruik was nie. Ek het nou reeds 6 van hulle ingerig as…

Read More

Ek het onlangs die wolskuur op ons plaas in die Karoo omskep in ’n trouvenue, maar ná die eerste plaastroue het ek besef ons benodig verblyf vir die trougaste en families. Naby die wolskuur (venue) was daar 10 werkershuise wat nie meer in gebruik was nie. Ek het nou reeds 6 van hulle ingerig as akkommodasie – hierdie huisie was my eerste poging. My idee was om die karakter van die huisies te probeer behou. Die sinkdakke, houtbalke en buitemure is nog soos dit oorspronklik was. Dit was ’n groot taak, want daar was nie elektrisiteit, water of riolering nie. Dit het lank geneem om al die roet van die houtbalke af te skuur en van die sinkdakke af te skrop. Die misvloere is met sement vervang. Slote is gegrawe om waterpype aan te lê en ’n septiese tenk moes gebou word vir die toilette. Vakmanskap was ’n groot uitdaging in ons plattelandse dorpie, so ook die beskikbaarheid van basiese boubenodigdhede. Die eindresultaat was egter oor en oor die moeite werd.

Budget Breakdown:

Materials:
Stene, boublokke, sement, Cretestone, bougruis, teëls
50000
Vensters, sinkplate
10000
Toilette, wasbakke, storte, krane, gas-geisers, ligte, gasplate
50000
Meubels, beddegoed, matte, TV, yskas, mikrogolf, ketel, dekor
50000
Riviersand, hout, balke en houtpilare vir stoep (alles van die plaas af)
0
160000

Contractors:

Plaaslike bouers en plaaswerkers
50000
Loodgieter
22000
Elektrisiën
18000
90000
Grand Total
R250000