Nanine Prins

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Nanine
Surname: Prins
Location: Pretoria
Entry Date: May 1, 2021
Category: Most Beautiful
Project: Entire House

About the Project:

Ons het baie jare gedroom van ons eie plekkie by die see. In 2018 was dit item no 15 van my toespraak met my verjaarsdag, genaamd “40 goed om te sê waneer mens 40 word”. Nooit het ek gedink dat dit net 2 jaar later ‘n werklikheid sou word nie veral omdat dit gedurende die…

Read More

Ons het baie jare gedroom van ons eie plekkie by die see. In 2018 was dit item no 15 van my toespraak met my verjaarsdag, genaamd “40 goed om te sê waneer mens 40 word”.
Nooit het ek gedink dat dit net 2 jaar later ‘n werklikheid sou word nie veral omdat dit gedurende die inperking gebeur het. Na maande se snuffel op verskeie webtuistes het hierdie eenheid in La Mercy se stoep en uitsig ons familie se harte gesteel. Ons moes ongelukkig wag vir die interprovinsie reis beperkings om opgeskort te word voordat ons kon gaan kyk. Die agent se woorde, “This unit needs a bit of TLC” het in my ore gesuis toe ons instap, want ‘n bietjie was ‘n bietjie misleidend…
Die eenheid het 3 jaar leeg gestaan en alles was vuil en geroes. Die deurhandvatsels, ligte, die stoof, lugreëlings was deur geroes en een venter het sommer uit sy skaniere geval. Die beton plafon het vog gehad en groot gedeeltes moes uitgekap word, die hoofslaapkamer se kaste was gevrot en daar het mos teen die muur gegroei na jare se waterlek wat nooit herstel was nie. Die stoep moes geseël word omdat water na die eenheid onder gelek het. Die vloerteëls moes vervang word want dit was nie reg gelê nie en oopgebars soos ‘n vulkaan in die 2de slaapkamer. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe ek na die vêrste punt op die stoep gestap het en die hele uitleg soos ‘n film in my geestesoog afspeel nie.
Terug in Gauteng het ek al my ou TUIS tydskrifte uitgehaal en begin beplan. Ons familie is baie geheg aan mekaar en vreeslik sentimenteel daarom het ons geweet die plek moet ‘n spesiale naam hê.
𝗢𝗵𝗮𝗻𝗮
𝙊𝙝𝙖𝙣𝙖 𝙢𝙚𝙖𝙣𝙨 𝙛𝙖𝙢𝙞𝙡𝙮. 𝘼𝙣𝙙 𝙛𝙖𝙢𝙞𝙡𝙮 𝙢𝙚𝙖𝙣𝙨 𝙣𝙤𝙗𝙤𝙙𝙮 𝙜𝙚𝙩 𝙡𝙚𝙛𝙩 𝙗𝙚𝙝𝙞𝙣𝙙 𝙤𝙧 𝙛𝙤𝙧𝙜𝙤𝙩𝙩𝙚𝙣.
Die opknappingswerk het in Oktober 2020 begin en ons mikpunt was om Kersfees by die see te spandeer. Wat ons grootste droom was het op ‘n stadium ‘n nagmerrie geword want elke keer wat die kontrakteur gebel het, was daar nog iets wat ons nie beplan of begroot het nie, maar nie kon los nie. Na ure op die internet en in boeke, ontelbare oproepe, 1000de foto’s en Whatsapp’s op die Ohana groepie het ons Saterdag 19 Desember in La Mercy gearriveer. Die kontrakteur was steeds besig om die laaste afrondings werk te doen voordat ons kon “intrek”.
Dit het 3 weke geneem om al die bokse uit te pak en elke item op sy regte plek te kry. Ons het na baie swoeg en sweet uiteindelik op Kersdag op ons eie plekkie by die see se stoep gesit en ons droom te vier. Ons is ‘n hegte familie en spandeer soveel tyd as moontlik saam by Ohana en maak die mooiste herinneringe wat nooit agtergelaat of vergeet sal word nie.

Budget Breakdown:

Materials:
Teëls
123411
Verf
19100
Lugreëlings
53072
Glasdeure
82180
Stoof
7500
Garage deur
14290
Waterprooving stoep
36100
Toilette, krane, wasbakke
34331
Loodgieter
28163
Balustrades
47990
Ligte
6160
Kombuis kaste
100273
Kamer & motorhuis kaste
43251
Elektrisiën
6750
602571

Contractors:

Jacques van de Venter
50000
50000
Grand Total
R652571