Naomi Brink

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Naomi
Surname: Brink
Location: Moreletapark, Gauteng
Entry Date: June 24, 2024
Category: Most Beautiful
Project: Living Areas

About the Project:

Dit was tyd vir ’n ingeboude braaiplek, en toe lei die een ding tot ‘n volgende – soos soms gebeur. ’n Maand en R169 000 later het ons ’n pragtige, splinternuwe leefarea en kombuis! Ons is bobaasbraaiers, maar die Gautengse winter is te straf om buite te braai, daarom het ons besluit om net ’n…

Read More

Dit was tyd vir ’n ingeboude braaiplek, en toe lei die een ding tot ‘n volgende – soos soms gebeur. ’n Maand en R169 000 later het ons ’n pragtige, splinternuwe leefarea en kombuis!

Ons is bobaasbraaiers, maar die Gautengse winter is te straf om buite te braai, daarom het ons besluit om net ’n lekker braaiplek binne in te rig. Hiervoor sou ons ’n venster uithaal en met ’n moderne aluminiumraamvenster vervang. Toe kry ons die idee om, terwyl ons nou bou, van die mure in die sitkamer en voorportaal uit te breek.

Daar was heelparty ongepleisterde siersteenmure in ons huis, en met dié dat die sitkamer, voorportaal, eetkamer en kombuis almal aparte vertrekke was, was die leefarea taamlik donker. Ons het die meeste mure gepleister en moes ook teëls lê. Gelukkig kon ons teëls verniet kry by ’n winkel wat toegemaak het. Ons dink toe dat ons ook die kombuismure moet teël; en dan kon ons netsowel een kombuismuur uitbreek. Ons het van die kombuis deurgebreek na die buitewaskamer vir ’n aparte opwasvertrek, waar die meeste van die ou kombuiskaste gebruik kon word. Laastens het ons planne geteken vir nuwe kombuiskaste, en Cupboard Warehouse het die res ontwerp.

Budget Breakdown:

Materials:
Elektriese werk en ligtoebehore
4300
Boumateriaal
16800
Vensters en skuifdeur
11200
Loodgieterswerk
6400
Verf
3150
Teëls
0
Ingeboude braaikaggel
12500
54350

Contractors:

Cupboard Warehouse
56640
Peacock Granite
15000
Seun's Electrical
3800
AB Tiling
7200
Blessing Contractors
32600
115240
Grand Total
R169590