Natie Verwey

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Natie
Surname: Verwey
Location: Aberdeen, Oos-Kaap
Entry Date: July 1, 2024
Category: Most Beautiful
Project: Living Areas

About the Project:

Melkweg Karoo – ’n droom van salige sielsvrede! Die droom van Melkweg het in die harte van ons Verwey-familie ontstaan. Dit was altyd ’n hartswens om ‘n afpakplekkie in die Karoo te besit waar ons siele en menswees tot rus kan kom. Ongeveer twee jaar terug het ons op ons droomhuisie op die pragtige Karoodorp…

Read More

Melkweg Karoo – ’n droom van salige sielsvrede!

Die droom van Melkweg het in die harte van ons Verwey-familie ontstaan. Dit was altyd ’n hartswens om ‘n afpakplekkie in die Karoo te besit waar ons siele en menswees tot rus kan kom. Ongeveer twee jaar terug het ons op ons droomhuisie op die pragtige Karoodorp Aberdeen afgekom. Alhoewel ons gesien het dat die huis baie liefde en aandag kort, het ons die uitdaging met ope arms aanvaar. Wat ons vonds nog meer spesiaal maak, is die feit dat Aberdeen en die Karoo die Verwey-familie se hartland is. Een van die grootste vondste tot dusver was toe ons ná die koop uitvind dat ons Karoohuis aan een van ons oupa se susters behoort het. Ons het gevoel ons kan weer wortel skiet in hierdie grondstraat.

Alhoewel ons fondse baie beperk was, het ons die uitdaging met geesdrif aangepak. Met ’n fantastiese en ywerige plaaslike werkspan het ons elke deel van ons huisie met liefde en sorg aangepak. Ons wil graag Tuis se redaksie innooi in die leefarea van ons Karoodroom om te deel in al die mooi.

Ons het die huis in Aberdeen, Oos-Kaap, in April 2022 gekoop as uitspanplek gedurende winterjagvakansies.

Die struktuur was in ’n goeie toestand, met geen waterlekkasies of strukturele probleme nie – ’n goeie begin vir so ’n projek. Ons missie was om soveel moontlik van die bestaande deure en kaste te behou en ’n neutrale eenheid regdeur die huis te skep met ’n vars laag verf.

Die eerste stappe was om plek te maak deur onnodige geboude bankies en strukture (sien voor-foto’s) af te breek en die uitlopende verskeidenheid teëls te verwyder. Hierna is ’n nuwe kaggel deur plaaslike vakmanne ingebou. Daar was aanvanklik net een slaapkamer, maar daar was potensiaal om ’n tweede slaapkamer te skep deur slegs ’n muur te bou en ’n deur in te sit (soos heel moontlik vroeër jare die geval was, ’n gang met twee kamers aan weerskante). ’n Nuwe sementvloer is gegooi en verseël; na die nodige herstel- en pleisterwerk kon die verfwerk binne en buite begin. ’n Wit palet was die logiese keuse aangesien dit ekonomies en ook maklik verkrygbaar is (boumateriaal word net Vrydae van Graaff-Reinet af op Aberdeen afgelewer).

Die oorspronklike kombuiskaste is behou en het net ’n nuwe baadjie gekry met ’n vars laag verf en nuwe muurteëls.

Toe kon ons begin met die dekor. Van vintage-borde en -meubels (laasgenoemde verfraai met ’n laag verf) en winskope op veilings en markte is gebruik vir karakter, maar met een gedagte vooropgestel: om die eenvoud van die Karoo in ag te neem.

Dankie vir die geleentheid om ons mooi Karoodroom met Tuis te deel.

Budget Breakdown:

Materials:
Afvlaklaag
6040
40 l wit verf
3999
Polvin- verfroller en -bak
294
19 mm-Bee-verfkwas
27
12 mm-kwas
19
Teëls: Metro White 100X200
3199
Kraakbuller
129
Wit Weber-voegbry (5 kg)
71
6 mm-teëlspasieerder
15.90
Polvin Super Acrylic Black
2088
Pleisteronderlaag
979
Velvaglo Satin White
1939
1- kg teëlsement
136
Kombuiskashandvatsels
85
Vloerskuurpapier 100-grint
46
Vloerskuurpapier 80-grint
46
Vloerskuurpapier 60-grint
46
ABE Water Based Epoxy-vloerverf
4287
Sement-boublokke
2700
Bousand
2820
Klip
980
Stene (kaggel se binne-afronding)
1350
Nuwe ligte (gemaak & geïnstalleer deur my pa)
0
Lang tafel (gemaak deur my pa)
0
Vintage -eubels & bykomstighede
1050
Persiese matte (lot gekoop op Facebook Marketplace)
3300
Gordyne (spesiale aanbod op Superbalist)
664
Koffietafel
0
Staanlamp by kaggel
0
36309

Contractors:

Aubrey Rafferty Contractor
45660
45660
Grand Total
R81969