Petrus en Wilmi Bosman

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Petrus en Wilmi
Surname: Bosman
Location: Bloemfontein, Vrystaat
Entry Date: June 12, 2024
Category: DIY
Project: Other

About the Project:

Ons Ons het in 2011 ’n tweedehandse Sprite Super Sport-woonwa (1992-model) gekoop en kamp graag elke jaar in die Tsitsikamma. Omdat die karavaan oud was en ons graag ’n meer moderne voorkoms en groter gemak (mét ’n eilandbed!) wou hê, het Petrus verlede jaar self die projek aangedurf. Hy het elke naweek en baie weeksaande…

Read More

Ons

Ons het in 2011 ’n tweedehandse Sprite Super Sport-woonwa (1992-model) gekoop en kamp graag elke jaar in die Tsitsikamma. Omdat die karavaan oud was en ons graag ’n meer moderne voorkoms en groter gemak (mét ’n eilandbed!) wou hê, het Petrus verlede jaar self die projek aangedurf. Hy het elke naweek en baie weeksaande man-alleen tot laat gewerk – net die stoffeerwerk vir die bankiekussings is deur MJ Upholsterers in Bloemfontein gedoen.

Al die houtwerk in die voorste paneel aan die sleepkant was verrot. Petrus het dit uitgehaal en met nuwe hout vervang; hier het hy ook ’n nuwe vensterbank ingebou. Hy het kans gesien om ’n uitskuifkombuis te installeer; daarvoor moes hy ’n gat in die een muur sny en ’n hele nuwe kas aan die binnekant bou. Aan die buitekant het hy ’n houtdeksel gemaak wat as tafeltjie dien wanneer ons die kombuis oopslaan.

Die ou bed sowel as die oorspronklike groot hangkas is uitgebreek, waarna die nuwe eilandbed en nuwe kleiner hangkas regs daarvan gevolg het. Links van die bed het hy nog ’n kassie gebou met ’n klein wasbak en kraan met filterwater.

As iemand wat baie lief is vir elektronika het hy elektroniese pompe met stroombane gebou om die waterfiltreerstelsel te beheer. Hy het ook twee waterhouers onder die een bankiesitplek ingebou – een houer vir kraanwater wat met ’n tuinslang deur die karavaanmuur gevul word voordat dit deur ’n RO-filter gaan, en die ander een vir die skoon, gefiltreerde water wat ons met behulp van ’n 12V-pompie kan tap. Al die elektriese werk en bedrading het hy self gedoen, met nuwe kragproppe, skakelaars, bedliggies en ligte, ook aan die buitekant.

Die ou yskas en -kasgedeelte is uitgebreek om plek te maak vir ’n kamp-yskassie. Die vloer is oorgedoen met viniel. Al die kassies het ’n vars laag Duram-verf in die kleur Knysna Lagoon gekry. Ek en my ma het nuwe gordyntjies gemaak waarvoor Petrus spore langs die kant vasgesit het, soos die gebruik is by nuwe karavane.

Om terug te kyk op hierdie groot projek wat ons self aangepak het, laat ons baie dankbaar en trots voel.

Budget Breakdown:

Materials:
Hout
3000
I-Bond-blaaie
2700
Perspeks
1500
Watersuiweringstelsel
2500
Nuwe battery
3000
Ligte, proppe en bedrading
2000
Vinielvloer
1300
Verf
1100
Sicaflex, skroewe, houtgom
2000
Gordyne
600
Nuwe sponsmatras vir eilandbed
1200
20900

Contractors:

MJ Upholstery
3000
3000
Grand Total
R23900