Pieter Hoffman
About the Project:
Ouma Alie By Kerkstraat 9, Carnarvon, is die hele huis oorgedoen sodat dit mooi aansluit by my ander nagmaalhuisies in hierdie historiese straat. Ek noem dit Ouma Alie, aangesien tannie Alida van Heerden ’n hele aantal jare daar gewoon het. Vanweë haar kleurvolle persoonlikheid het ek besluit op helder kleure binne, en ook om meublement…
Ouma Alie
By Kerkstraat 9, Carnarvon, is die hele huis oorgedoen sodat dit mooi aansluit by my ander nagmaalhuisies in hierdie historiese straat. Ek noem dit Ouma Alie, aangesien tannie Alida van Heerden ’n hele aantal jare daar gewoon het. Vanweë haar kleurvolle persoonlikheid het ek besluit op helder kleure binne, en ook om meublement in die retro-styl te gebruik. Ouma Alie was immers lief vir Tretchikoff; vandaar ook die afdrukke.
Die huis se volvloermatte moes eerste waai. Daarna is die badkamer oorgedoen, maar met behoud van die oorspronklike bad.
Die sitkamer en die kombuis met sy Rayburn-stoof is verbind. Die onooglike skuifdeur is vervang met ’n meer moderne swart staal-en-glasdeur wat na die buite-area oopmaak. Die kombuiskaste en oorspronklike emaljewasbak is behou, die kombuiskaste is geverf met Tjhoko Paint. Die braaiarea is gepleister en geverf om aan te sluit by die helder tema van die huis. Ou Victoriaanse draad is op ’n plaas in die distrik verkry en gebruik vir die omheining voor.
Met hierdie projek het ek weereens besef dat ’n goeie laag verf, ’n bietjie kreatiwiteit en die onthou van gister ’n wêreld se verskil aan enige huis kan maak!
Budget Breakdown:
0 |
Contractors:
0 |
Grand Total R0 |