Reinette Theart

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Reinette
Surname: Theart
Location: Johannesburg
Entry Date: May 11, 2023
Category: Most Beautiful
Project: Kitchen

About the Project:

Die projek het 2 badkamers, die kombuis en leefareas behels. Ons het die huis in Linden in 2011 teen ‘n baie goeie prys gekoop, hoewel daar báie werk nodig was. Ons het so stuk-stuk oor die jare begin opknap, maar die groot projek was die kombuis en leefareas. Terselfdertyd het ons besluit om die laaste…

Read More

Die projek het 2 badkamers, die kombuis en leefareas behels.
Ons het die huis in Linden in 2011 teen ‘n baie goeie prys gekoop, hoewel daar báie werk nodig was. Ons het so stuk-stuk oor die jare begin opknap, maar die groot projek was die kombuis en leefareas. Terselfdertyd het ons besluit om die laaste twee badkamers ook op te knap.
Die fisiese werk het in Maart 2022 begin, maar ons het seker twee jaar voor dit al intens begin beplan en solank begin items koop wanneer ons spesiale aanbiedinge raakgeloop het. Die hele projek het 7 maande geduur – wat by tye soos ‘n ewigheid gevoel het, aangesien ons deurentyd in die huis gebly het.
Ons het ‘n argitek gebruik vir die planne en ‘n boukontrakteur vir die bouwerk, asook ‘n kombuiskontrakteur vir die kombuiskaste en -blaaie. Ons het wel vooraf geweet presies watter styl ons wil hê, daarom het die kombuisman ‘n lang lys van instruksies gekry wat hy moes maak werk. Heel laaste het ons ‘n vloerspesialis gebruik om die huis se oorspronklike houtvloere af te skuur en tot nuut te bring.
Ons het die hele projek self bestuur en al die primêre koste-items self gaan uitsoek en aanskaf. Baie van ons inspirasie kom van Pinterest en natuurlik Tuis!
Ek kan eerlikwaar sê ek leef nou in my droomhuis! Dit was al die moeite, pyn (en rande) werd.

Budget Breakdown:

Materials:
Tiles
29100
Light fittings & ceiling fans
11400
Kitchen appliances
36000
Taps, basins & sanitary accesories
49100
Shower screens & vanity tops
14100
139700

Contractors:

Presige (Geoff Strydom - bouer)
987000
Presige (Geoff Strydom - structural roof work)
105000
Masterglaze (skuifdeure & vensters)
95000
Simply Stunning Kitchens
224000
Woodfloors SA
20700
Submatrix Solutions (electrical work)
29000
SA Gutters
12400
Functions & Decor with Flair (curtains & blinds)
40540
Step Ahead Security (alarm upgrade)
12650
1526290
Grand Total
R1665990