Retha de Wet

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Retha
Surname: De Wet
Location: Jansenville, Oos-Kaap
Entry Date: Jul 14, 2023
Category: Innovation
Project: Outdoor Areas

About the Project:

Ons boer buite Jansenville met skape en bokke, wat 3 keer per jaar lam. Ons is onlangs getroud en my man het voorheen nie hansies grootgemaak nie. Ek het ‘n groot liefde en sagte hart vir hulle, veral die siek en wees-lammers, maar daar was nie voldoende fasiliteite vir hansies op die plaas nie. Daarom…

Read More

Ons boer buite Jansenville met skape en bokke, wat 3 keer per jaar lam. Ons is onlangs getroud en my man het voorheen nie hansies grootgemaak nie. Ek het ‘n groot liefde en sagte hart vir hulle, veral die siek en wees-lammers, maar daar was nie voldoende fasiliteite vir hansies op die plaas nie. Daarom moet ek kort-kort planne maak vir slaapplek, veral nou in die winter. Ná 8 jaar se droogte waartydens my man die meeste van sy wild verloor, groot finansiële skade gely en ‘n verlies aan inkomste gehad het, is finansies maar ‘n probleem — daarom moes ek meer kreatief dink. Eers het ek twee dromme gebruik, maar dit was te klein en onprakties. Toe sê my man daar is ‘n ou JoJo-tenk op die plaas, en so word ons eerste hansiehuisie “gebore”.

Ons het saam met die werkers koppe bymekaargesit; hulle het verder “buite die boks” gedink deur ‘n bo-en-onderdeur voor te stel om voertyd makliker te maak. Die lammers is mal oor die tenk, veral die harde geluid wat dit maak wanneer hul daarin speel. Ek het ook besluit om dit op stene te sit en gate in die vloer te boor vir dreinering wanneer ons die tenk was. Saans bedek ons die helfte van die vloer met lusern sodat die lammers warmer kan slaap. Die deure is wind-af ingesit en tot dusver is die tenk waterdig ná ‘n paar reënbuie. Ons beplan ook om later ‘n infrarooi lig in te sit. Dis wel ons eerste probeerslag, maar ons hoop om mettertyd nog tenks op te rig en verder te improviseer.

Budget Breakdown:

Materials:
1 ou JoJo-tenk; paar stukkies metaal vir skarniere en 'n paar skroewe
0
0

Contractors:

0
Grand Total
R0