Riaan & Dorothy Strydom

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Riaan & Dorothy
Surname: Strydom
Location: Bloemfontein, Vrystaat
Entry Date: Jun 30, 2020
Category: DIY
Project: Outdoor Areas

About the Project:

In die grendeltyd het ons gesin soggens met die leer opgeklim en op die betondakgedeelte van ons huis gaan koffie drink. Met die dakgeselsies is die idee van ’n daktuin gebore. Maar as gevolg van die omstandighede het ons besluit ons doen dit met wat ons het. En as ’n gesoute winskopie-opgaarder het ek begin…

Read More

In die grendeltyd het ons gesin soggens met die leer opgeklim en op die betondakgedeelte van ons huis gaan koffie drink. Met die dakgeselsies is die idee van ’n daktuin gebore. Maar as gevolg van die omstandighede het ons besluit ons doen dit met wat ons het. En as ’n gesoute winskopie-opgaarder het ek begin kyk wat ons alles het om op die daktuin te gebruik. Ek het goed ontdek waarvan ek al vergeet het. Met ’n baie handige man en seun (13) was niks onmoontlik nie. Dit was ook hul idee om alles in die solder te bêre. Ons grootste uitgawe was die trappe en ligte. Die wasbak en houtdrom is gemaak van ’n ou geiser. Die bank van palette. ’n Stukkende sambreel is herstel. Dekoritems wat nie eintlik ’n plek in die huis gehad het nie, het ’n tuiste op die dak gevind. Ou blompotte het weer lewe gekry. ’n Leer het pakplek geword. Kussings wat weggepak was, is uitgeskud. En die daktuin het vir ons gesin ’n spesiale plek geword waar ons kan kyk hoe die son in die Vrystaat opkom en sak.

Budget Breakdown:

Materials:
Ligte,skakelaars ens.
1378
Hout en Staal vir trap
2017
Hardeware
1396
Verf
244.34
Plante
796
Dekor
629
Matras,oortreksels
800
7260.34

Contractors:

0
Grand Total
R7260.34