Riaan en Venessa de Beer

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Riaan & Venessa
Surname: de Beer
Location: Die Boord, Stellenbosch, Wes Kaap
Entry Date: May 12, 2020
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

In 2010 het ons van Potchefstroom na Stellenbosch verhuis. Met die hoë huispryse het ons ′n ou huis in goeie buurt gekoop. Einde 2018 het ons die huis in ′n meer moderne styl gegee. Nadat ons aan die begin van die projek verskeie kwotasies ingewin het, het ons besef dat ons self sal moet inspring…

Read More

In 2010 het ons van Potchefstroom na Stellenbosch verhuis. Met die hoë huispryse het ons ′n ou huis in goeie buurt gekoop. Einde 2018 het ons die huis in ′n meer moderne styl gegee.

Nadat ons aan die begin van die projek verskeie kwotasies ingewin het, het ons besef dat ons self sal moet inspring as ons al ons planne wou uitvoer met ons beperkte begroting. Ons moes dus self eienaarbouer speel en baie van die uitbreek- en bouwerk doen.

Die hele huis se vloere is uitgekap en om die klein vertrekkies te vergroot is die binnemure uitgebreek. Die venster en muur tussen die kombuis en braaistoep is afgebreek om die braaistoep deel van die huis te maak. Die kombuis se opwasbak is verskuif na die braaikamer om kostes te bespaar.

Drie badkamers is oorgedoen en ′n studeerkamer is omskep in ’n en suite-badkamer vir die hoofslaapkamer – ons het ′n nuwe bad teen kosprys gekry, aangesien die vorige eienaar nie tevrede was met die bad nie. Om kostes te bespaar is die kombuisdeur na die nuwe hoofslaapkamer verskuif.

Verder het ons ook die huis se ingang verander deur die voordeur te skuif en die ingangsportaal vergroot deur van die bestaande stoep se plek te neem. ′n Staalbalk van 8 m moes geïnstalleer word om die dak te versterk. Ons het ook ’n braaiput en pergola gebou waar ons as familie graag naweke saam kuier.

Ons outydse huis is nou die perfekte gesinshuis wat ons wildste verwagtinge oortref het.

Budget Breakdown:

Materials:
Teëls
46010
Huur van toerusting
1936
Sand, stene en sement
16844
Staal balk - 8 meter
8766
Bad, toilet & wasbakke
24000
Deure & vensters
10131
Veiligheids hekke
17974
Ligte
946
Houtpalle
7000
Algemene items
3317
136924

Contractors:

Uitbreek van mure & teëls
0
Teël werk
24000
Loodgieter
37650
Elektriese werk
4000
Bouwerk
7000
Ingenieur
7149
Argitek
14730
Verwyder van bourommel
0
Verf van die huis (binne & buite)
0
Bou van putbraai
0
Bou van pergola
0
94529
Grand Total
R231453