Rossouw & Franè Labuschagne

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Rossouw en Franè
Surname: Labuschagne
Location: Wes-Kaap
Entry Date: May 28, 2024
Category: DIY
Project: Entire House

About the Project:

Terwyl ons in Viëtnam gebly het, het ons so erg na Suid-Afrika verlang dat ons ’n erf op Wildernis aanlyn gekoop het. Die plan was om iets in ’n Victoriaanse kothuis-styl hier te bou. My vrou, ’n illustreerder, het die ontwerp saam met die argitek Henry Greyling gedoen. Die motorhuis en oprit was eerste aan…

Read More

Terwyl ons in Viëtnam gebly het, het ons so erg na Suid-Afrika verlang dat ons ’n erf op Wildernis aanlyn gekoop het. Die plan was om iets in ’n Victoriaanse kothuis-styl hier te bou. My vrou, ’n illustreerder, het die ontwerp saam met die argitek Henry Greyling gedoen.

Die motorhuis en oprit was eerste aan die beurt, maar die projek het gou handuit geruk en verander na ’n klipkothuis met ’n solderkamer. Toevallig het ons afgekom op ’n oom wat al jare lank antieke vensters, deure en trappe versamel. By hom het ons ou skuifraamvensters en Oregondennehoutdeure met kosyne en argitrawe gekoop, elkeen met ’n storie en geskiedenis.

Die baksteen- en klipwerk is deur ’n messelaar gedoen (iemand wat sy kuns in Ierland geleer het), maar die res het ons self gedoen. Dit sluit al die verfwerk, houtwerk en afronding in.

Tans bly ons in die kothuis terwyl ek besig is om die hoofhuis stadig maar seker op my eie te bou, so tussen twee kinders en werk deur.

Budget Breakdown:

Materials:
Klip
67335
Boumateriaal
180000
Materiaal vir dak
35000
Vensters en deure
25000
Krane, stort, wasbak en toilet
13000
Ligte en skakelaars
4000
Isoboard
8000
Dakbalke, bekistingbord
12000
Verf
5000
Vensters met gebrandskilderde glas
5000
Glas
1500
Geiser
12500
Hout vir trap
1200
Geute
4000
Kombuiskaste
1800
Keistene
21840
397175

Contractors:

Bouer
400000
Loodgieter
38697
Elektrisiën
28448
Skoonpa
9000
476145
Grand Total
R873320