Schalk & Annamarie du Toit

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Schalk & Annamarie
Surname: du Toit
Location: Durbanville, Wes-Kaap
Entry Date: Jul 1, 2021
Category: Innovation
Project: Outdoor Areas

About the Project:

Desember-vakansie in grendeltyd kan ook lekker wees by jou eie huis! Ons gesin bring graag tyd by die huis deur en het lankal gedroom van ‘n tuin wat beter benut kan word. Sedert die Kaapse droogte ‘n paar jaar terug het ons grasperk swaargekry en omtrent in ‘n sandpit verander! Sonder ‘n boorgat en met…

Read More

Desember-vakansie in grendeltyd kan ook lekker wees by jou eie huis!

Ons gesin bring graag tyd by die huis deur en het lankal gedroom van ‘n tuin wat beter benut kan word. Sedert die Kaapse droogte ‘n paar jaar terug het ons grasperk swaargekry en omtrent in ‘n sandpit verander! Sonder ‘n boorgat en met die koste van water wat aanhou styg, het ons geweet ons sal ‘n alternatief vir die baie gras moet kry.

Tydens grendeltyd verlede jaar het ons besluit om gouer as later iets te doen – dis darem net soveel lekkerder om lang tye by jou huis te wees as jy die tuin kan geniet. Ons het ook gedroom van ‘n buite onthaalarea en het besluit om ‘n onbenutte hoek van die tuin daarvoor te gebruik.

Ons plan was om die grootste gedeelte van die tuin op dieselfde vlak as die swembad te kry, met slegs een terras agter die swembad. Die area wat gras was, is toe opgedeel in 4 dele: ‘n terras bedek met fyn klip, kunsgras (waarvan ‘n krieketkolfblad deel vorm), nuwe gras en die onthaalarea wat ook met fyn klip bedek is.

Ons het die plan opgetrek en met die hulp van ons tuinwerker self die erf gelyk gemaak om koste te bespaar. Daarna het ons verskillende kontrakteurs gekry om die bouwerk, gras, kunsgras en fyn klippies te installeer. Alles was gelukkig klaar net voor die Desember inperking.

Ons spog nou met ‘n tuin wat goed benut word deur die hele gesin. Ons oudste kan sy krieketliefde daagliks uitleef, sussie swaai of gly gereeld en ons maak graag almal saam ‘n vuurtjie in ons nuwe kuierhoekie!

Budget Breakdown:

Materials:
Boumateriaal
26400
Huur van toerusting
2400
Kunsgras
15000
Gras
3600
Fyn klip
4000
51400

Contractors:

Karel le Fleur (bouer)
24000
Eugene Diedericks (elektrisien)
4000
Cape Grass (kunsgras)
14000
Cape Lawn & Turf (gras)
1800
Simple Grass Turf (klip)
2600
SkippyS (vullisverwydering)
3750
Elson (tuinwerker)
3920
54070
Grand Total
R105470