Sonette Stander

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Sonette
Surname: Stander
Location: Jongensfontein, Wes-Kaap
Entry Date: Jun 7, 2021
Category: DIY
Project: Other

About the Project:

Ons juweel in Jongensfontein Ons aftree “Huisie by die see” in See slot 9 in Jongensfontein het ‘n groot sukses verhaal. Geskiedenis van die huis: Met die aankoop van die huis, het ons gehoor die huis is 32 jaar gelede gebou. Die huis het ‘n geruime tyd leeg gestaan, was verwaarloos. Die huis is uiteindelik…

Read More

Ons juweel in Jongensfontein
Ons aftree “Huisie by die see” in See slot 9 in Jongensfontein het ‘n groot sukses verhaal.

Geskiedenis van die huis:
Met die aankoop van die huis, het ons gehoor die huis is 32 jaar gelede gebou. Die huis het ‘n geruime tyd leeg gestaan, was verwaarloos. Die huis is uiteindelik as onstabiel verklaar deur die Hessequa Munisipaliteit van Stilbaai. My manlief Louis en ek was dadelik verlief op die plek! Ons het die potensiaal raakgesien en die nuwe uitdaging sonder twyfel aangegryp.

Die huis is op pilare ontwerp. Met jarelange se agterlosige onderhoud, wind en seebries het die pilare begin verbrokkel. Dit het dringend aandag benodig.

My man Louis het dadelik ‘n raadgewende ingenieur geraadpleeg om die toestand van die huis en die pilare te ondersoek. Volgens die ingenieursplan is die nodige bouversterkings geimplementeer. Die ingenieur het die huis veilig verklaar en dit kan bewoon word.

Met opwinding het ons restorasie werk begin op 20 Mei 2020.
Ons eerste prioriteit met die beplanning was om die hele binnekant van die huis te omskep in ‘n gerieflike, modern aftree huisie by die see – “ons aftree droom.”

My persoonlike smaak en beplanning het as volg daaruit gesien vir die kombuis area:
1. Muur verf:
Al die binnemure in die hele huis was ongeverfde stowwerige rou rooi sierstene! Ons het al die mure bedek met ‘n nuwe tipe “Plastic Satin” verf. In die kombuis het ek ‘n avocado groen kontras kleur ingebring, vir interressantheids kontras.
2. Hout verf:
In die leefarea en kombuis is ‘n hoë Notty Pine spits dak plafon. Die plafon is met groot moeite afgeskuur en ek het besluit om dit charcoal te verf. ‘n Sterk laminated Hout Beam (wat die oop dak stut) is afgeskuur en behandel om sy natuurlike prag te behou. Vir ‘n kontras effek is die dakkappe wit geverf. Al die vloerlyste is ook geverf.
3. Al die Houtvensterbanke is nuut gemaak en wit geverf.
4. Kombuiskaste:
Ek het besluit om die ou pine kombuikaste te behou en dit te verf. Vir die volledige uitleg van die kombuis moes daar ‘n kruideniersware en besemkas ingepas word.
5. Stoof:
Wat ‘n verrassing! Die nuwe gas Smeg stoof en oond was ‘n geskenk van my man Louis. “Net om vir my dankie te sê vir al my harde verf en skuurwerk.”
6. Vloere:
Die kombuis vloerteëls is uitgekap. Al die muur tot muur volvloer matte is uitgepluk. Vloere is vervang met Diamond Core S.P.C. hout vir vloer bedekking.
7. Sink:
Die nuwe zink (ingeboude wasbak) was ‘n bonus (undercounter).
8. Kombuis tops:
Die ou kombuistops is verwyder. Die kombuiskaste is versier met Cesar Stone “Sparkling White” oppervlakte. Dit is netjies en maak maklik skoon en is ‘n sterk produk vir die kombuis.
9. Uitbreek werk:
Die steenmuurtjies wat om die kombuis en trappe area gebou was is afgekap. Dit is vervang met raamlose glas panele. Die area is nou sonnig; die oop spasie beklemtoon die mooi uitsig oor die blou see en skuimende golwe en ‘n verre uitsig oor die lang sand strand. Vanaf my kombuis sien ek hoe die braderplank surfers die branders ry. Daar is elke dag vissermanne met hul lyne in die soutwater.
10. Binnehuis se versiering:
Sagte “Cotton Sheer” gordyne skep daai oop “Open Plan” gevoel by die groot sonnige vensters. Ek het verskeie outydse hout meubelstukke bymekaar gemaak as winskopies en geverf. ‘n Verf tegniek met kleurskemas wat inpas in die vertrek, as geheel, is gebruik.

Budget Breakdown:

Materials:
Muurverf: R19 300 Suidkaap Verf Stilbaai 0827719353 Muurverf: Satin Plastic Kleur: B20 C10 L/30 Plafonverf: Dekor Dakverf, kleur: charcoal Groenverf: Satin Plastic. Nguni skilderye deur Helena Kapp. 2. Houtverf: Kombuiskaste Monsoon in Stilbaai: Annie Sloan, kleur: Paris Grey Suidkaap Verf Stilbaai: Heritage chalk paint, kleur: Cotworld Groen kombuiskasdeure: Satin Plastic Donker Greys: Dulux, Paris Pavement Hout verf vir Meubels: Monsoon in Stilbaai: Annie Sloan, kleur: old white / country grey / Paris grey.
19300
Vloer bedekking vir die kombuis: R25 000 Bouer flooring Stilbaai 0645197944 FinFloor Diamond Core S.P.C. Click, kleur: “Agate”
25000
4. Kombuis tops: R22 000 Blue Pearl Granite Mosselbaai 0446951810 Kleur: “Sparkling white” Ceasar Stone
22000
Nuwe opwasbak en krane R9000 Cape Plumbing and Bathroom Supplies Stilbaai 0827541548
9000
Nuwe Smeg gasstoof en oond Stilbaai verspreiders 0287542600
19999
95299

Contractors:

Mnr. Dawie de Jager Stilbaai 0829244795
18000
Glas panele R18 000 Turner Glass Stilbaai 0824949691
18000
Elektriese werk en beligting R10 000 Henry Powerpull Electricity Stilbaai 0822553060
10000
Plumber: R6 000 Mnr. Cloete Joubert Stilbaai
6000
Arbeid: Lone
20000
72000
Grand Total
R167299