Tania Du Toit
About the Project:
Ná ’n inbraak moes ons huis se veiligheid en privaatheid verbeter word. Die 74 jaar oue baksteenmuur en -pilare aan die straatkant is verhoog. Die vertikale staalsparre van die bestaande balustrades is horisontaal geplaas en met staalstrook-weefwerk ingevul. Vir ’n Franse geurtjie aan die voltooide voorkoms is ’n paar dekoratiewe metaalkrulle bygewerk. Al die metaal…
Ná ’n inbraak moes ons huis se veiligheid en privaatheid verbeter word. Die 74 jaar oue baksteenmuur en -pilare aan die straatkant is verhoog. Die vertikale staalsparre van die bestaande balustrades is horisontaal geplaas en met staalstrook-weefwerk ingevul. Vir ’n Franse geurtjie aan die voltooide voorkoms is ’n paar dekoratiewe metaalkrulle bygewerk. Al die metaal is teen roes behandel en swart geverf. Die mees onlangse toevoeging was swart lanterns, ook met Franse krulwerk. Nou word daar gespaar vir mooi pilaar-“kêppies” in ’n aardse sementkleur ter afronding. Daarna sal heuphoë stapelklip-blombeddings onder/voor die mure volg om die kleurverskil tussen ouer en nuwe stene te verbloem. Die wit plastiekpype waarin die elektriese bedrading (op die oppervlak) loop, is in die rou baksteenkleure gespuitverf om dit minder opsigtelik te maak. Wanneer alles klaar is, sal die tuin en beplande rankrose uiteindelik kan gedy! Die nuwe privaatheid in ons voortuin het ons buitewees wonderlik verander – dít is waar ons nou kuier!
Budget Breakdown:
Bakstene (ingesluit by kontrakteur se kwotasie, het ook addisionele bakstene oorgehad van vroeër projekte)
0
|
Sement (ingesluit by kontrakteur se kwotasie)
0
|
Bedrading hergebruik en herlei in pilare
0
|
Ou ligte hergebruik aan straatkant
0
|
Nuwe ligte aan tuinkant (Glo Lighting)
2082
|
Staal (ingesluit by kontrakteur se kwotasie)
0
|
S- en C-krulle (4Seasons4U)
150
|
Herderskrulle (Unique Metal Works)
617
|
Spuitverf (Chamberlains)
490
|
Staalwerk se verf (ingesluit by kontrakteur se kwotasie)
0
|
3339 |
Contractors:
Tony Power Plumbing & Maintenance
14580
|
W&M Handyman Services
58534
|
73114 |
Grand Total R76453 |