Thea Moore
About the Project:
Ek het in 2014 my huis in Pretoria gekoop. Die huis was erg verwaarloos, veral die kombuis. Ek het nie die finansies gehad om alles in die huis onmiddellik reg te ruk nie, en het agt jaar lank gespaar om uiteindelik my droom te verwesenlik deur my kombuis op te gradeer. Die kombuis was ‘n…
Ek het in 2014 my huis in Pretoria gekoop. Die huis was erg verwaarloos, veral die kombuis. Ek het nie die finansies gehad om alles in die huis onmiddellik reg te ruk nie, en het agt jaar lank gespaar om uiteindelik my droom te verwesenlik deur my kombuis op te gradeer.
Die kombuis was ‘n seeroog. Die kaste het begin inmekaarsak, die pype het gelek, die teëls het van die muur afgeval as jy verbyloop en die stoof het net gewerk wanneer hy wil.
Ek het in die agt jaar baie navorsing gedoen en gedroom oor my nuwe kombuis. Ek het stuk-stuk aankope gedoen vir die verbeteringe en was altyd op die uitkyk vir ‘n winskopie – soos die oond en die wasbak.
Uiteindelik kan ek nou in ‘n moderne, funksionele kombuis instap waarop ek trots is!
Budget Breakdown:
Stoof
10000
|
Granietwasbak
2600
|
Klein spoelwasbak
1100
|
Marmerblaaie
64855
|
Aluminiumvensters
18628
|
Teëls
14150
|
Nuwe diefwering
2600
|
Dakbalke, plafon en ligte
14000
|
127933 |
Contractors:
Renovation Doctor
54625
|
Innovative Kitchens
65000
|
Marble Classic
5400
|
Jabb Gass Installations
1800
|
BJ Glass & Aluminum
1913
|
128738 |
Grand Total R256671 |