Thea Ramsden
About the Project:
Hierdie kombuisprojek is al jare lank ’n droom. My grootste wens was nog altyd om deel te wees om die geselskap wanneer ek in die kombuis besig is om maaltye voor te berei. Uiteindelik, ná 24 jaar, het hierdie droom waar geword. Wat ons die meeste waardeer van ons opgeknapte kombuis is die oopheid en…
Hierdie kombuisprojek is al jare lank ’n droom. My grootste wens was nog altyd om deel te wees om die geselskap wanneer ek in die kombuis besig is om maaltye voor te berei. Uiteindelik, ná 24 jaar, het hierdie droom waar geword. Wat ons die meeste waardeer van ons opgeknapte kombuis is die oopheid en praktiese ontwerp. Daar is ’n sinvolle plek vir alles en die kombuis het die ruimte geword waar die lekkerste gekuier word. Die strukturele veranderinge wat aangebring is deur die drie mure te verwyder, het ons toegelaat om ’n heerlike groot eetkamertafel aan te skaf waar tot 12 mense kan aansit. Nou is daar plek vir al die kinders en kleinkinders.
Ons is so dankbaar vir al die kontrakteurs wat hierdie groot projek met soveel professionaliteit in ’n japtrap voltooi het. Sonder hulle kennis en deeglikheid sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie.
Budget Breakdown:
Voordeur (Bloem Glass & Aluminium)
17000
|
Veiligheidshekke (Traxdoor)
39000
|
Kraan en wasbakke (Waterways)
6000
|
Vloerteëls en sement (Union Tiles)
10000
|
Muurteëls en sement vir opwasdeel
1800
|
Suigwaaier (Kloppers)
6000
|
Ligte (eilandlig van Builders, eetkamerligte van Mr Price Home)
1900
|
81700 |
Contractors:
Pieter van Heerden (strukturele werk)
120000
|
Pieter Oosthuizen - Master Hands (kombuiskaste)
84500
|
Minette Hattingh - Mhatti Architects
32000
|
236500 |
Grand Total R318200 |