Wilma Coetzee


About the Project:
My man het ons boshuis self ontwerp, beplan en gebou tussen bome en naby ’n vleiland. Die projek het begin met ’n tent en geen dienste nie; buitegeriewe soos ’n stort en toilet, asook ’n lapa, is stelselmatig bygevoeg. In Junie 2017 is die fondasies afgemeet en het die uitgrawings begin – met werkers se…
My man het ons boshuis self ontwerp, beplan en gebou tussen bome en naby ’n vleiland. Die projek het begin met ’n tent en geen dienste nie; buitegeriewe soos ’n stort en toilet, asook ’n lapa, is stelselmatig bygevoeg. In Junie 2017 is die fondasies afgemeet en het die uitgrawings begin – met werkers se hulp en ’n waterkar vir lafenis. Boumateriaal het natuurlike klip van die plaas, bakstene, sement, hout- en ysterpanele en sinkplate vir die dak ingesluit. Die vensters is doelgemaak om in rame van dwarslêerhout te pas. Vir ’n natuurlike voorkoms is die stoep met seil toegemaak. Water is aangelê – eers met ’n groot Jojo-tenk op ’n nabygeleë koppie en later ’n kleiner Jojo-tenk met ’n pompie op die huis se dak vir eie gebruik. Buite is ’n donkie om stortwater te verhit; gas word in die huis gebruik. Daar is ook ’n septiese tenk vir toiletgeriewe. Die grootste vreugde is die saamkuier op die stoepie wat oor die vleiland uitkyk en waar ons onder die sterre voel asof ons gelig word tussen hemel en aarde en bome – letterlik en figuurlik. “Touching the earth lightly.”









Budget Breakdown:
Sement, klip, bakstene, hout, yster, sinkplate, ens.
|
0 |
Contractors:
Hendrik en Happy (bouers), Roy (loodgieter) en August
0
|
0 |
Grand Total R0 |